| |

Vullisterreinoudit: KwaZulu-Natal

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal.

Slegs 1 uit die 10 vullisterreine wat in KwaZulu-Natal geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59 van 2008, moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen.

Só vergelyk die vullisterreine in KwaZulu-Natal:

Volgens Eugene van Aswegen, AfriForum se Provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal, is die meeste vullisterreine in KwaZulu-Natal in ’n haglike toestand. “Dit kan hoofsaaklik daaraan toegeskryf word dat vullisterreine al hoe swakker bestuur word as gevolg van beperkte begrotings.”

“Die algemeenste probleme wat AfriForum-takke in KwaZulu-Natal tydens hierdie oudit opgemerk het, is dat amptenare wat verantwoordelik is vir dienslewering die instandhouding van vullisterreine nie as ’n noodsaaklikheid beskou nie. Dit is ’n groot bron van kommer aangesien die munisipale amptenare wat volgens ons grondwet verplig is om toe te sien dat vullisterreine ’n veilige omgewing is, nie tot verantwoording geroep word nie,” sê Van Aswegen.

Munisipale verval is aan die orde van die dag en dit is duidelik dat veral kleiner munisipaliteite onder grootskaalse wanbestuur gebuk gaan.

Hierdie situasie kan daaraan toegeskryf word dat die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO) deur drie verskillende regeringsfere beheer word. Die nasionale departement het slegs bevoegdheid om op nasionale vlak wette, beleide, norme en standaarde vas te stel, maar hulle het geen bevoegdheid op provinsiale of munisipale vlak nie. Die provinsie rapporteer aan die provinsiale LUR, nie aan die minister nie. Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) en die DBVO kommunikeer ook nie met mekaar nie en dit bring dus nog ʼn uitdaging mee.

Klik hier en lees die volledige verslag.

Soortgelyke plasings