|

Vryburg-tak maak dorp skoner en veiliger

AfriForum se Vryburg-tak het in Junie drie leë erwe, twee oop velde en ses sypaadjies skoongemaak as deel van hierdie tak se volhoubare projek wat vroeër vanjaar geloods is. Die doel van dié projek is om ’n skoner en veiliger omgewing vir die gemeenskap te skep.

Sedertdien die ontstaan van dié projek is altesaam meer as 10 erwe skoongemaak, oop gesny en groot bome gesnoei. Die skoonmaak van hierdie erwe is veral belangrik omdat misdadigers in die oorgroeide erwe wegkruip.  Die tak het ook begin om die sypaadjies skoon te maak en oop te sny en verder ook om lang gras in oop velde te sny om ook sodoende misdaad te bekamp.

“AfriForum sal aanhou om projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap maak en gehandhaaf kan word. Misdaad is landswyd ’n probleem en gemeenskappe moet saamstaan om dit te bekamp,” sê Jp Nel, distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum se Vryburg-tak sal voortgaan met hierdie projek en beplan om verskeie ander projekte in die toekoms aan te pak. Die tak doen ’n beroep op die gemeenskap om meer betrokke te raak by aksies en ook om enige voorstelle vir maak vir projekte wat hulle graag wil hê aangepak moet word. 

Raak vandag nog by AfriForum se takke betrokke, en help om jóú omgewing te beveilig en op te knap.  Besoek AfriForum se Vryburg-tak se Facebook-blad vir inligting rakende projekte.

Soortgelyke plasings