Vyf vas oor dwelms danksy hulp van AfriForum se Wes-Moot-buurtwag


AfriForum se Wes-Moot-buurtwag het Saterdagaand (25 November 2017) in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies in die Hercules-gebied vyf dwelmverwante arrestasies gemaak.
Volgens Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng, is die arrestasies onderskeidelik in twee van die grootste probleemgebiede in die omgewing gemaak, naamlik onder die Hendrikstraatbrug en by die Mountain View-stasie.

“Samewerking en ondersteuning – onder meer tussen die gemeenskap, buurtwag en die polisie – speel ’n sleutelrol in misdaadbekamping,” sê Johan Liebenberg, buurtwagvoorsitter van AfriForum se Wes-Moot tak.
“Die buurtwag is noodsaaklik om misdaad te help bekamp en AfriForum beoog om alle aksies sover moontlik in samewerking met die SAPD uit te voer,” sê De Klerk.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe in die Tshwane Metropool om by hul plaaslike AfriForum-takke betrokke te raak en aktief aan die aktiwiteite van die buurtwagte deel te neem. Vir meer inligting hieroor, stuur ’n e-pos na lambert@afriforum.co.za.

Soortgelyke plasings