|

Walker Drive-buurtwag berei voor vir misdaadsbewustheidsdag

AfriForum se Walker Drive-buurtwag hou op 9 September ’n misdaadbewustheidsdag op die hoek van Walkerrylaan en Sundaystraat in Sherwood. In voorbereiding vir hierdie dag het die tak op 2 September ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur en sowat 100m by 60m se gras gesny op die plek waar die misdaadbewustheidsdag gaan plaasvind. Die tak het 116 swartsakke vol gras weggery.

Die misdaadsbewustheidsdag het ten doel om die gemeenskap bewus te maak van die veiligheidsrolspelers in hulle omgewing. “Ons nooi die gemeenskap uit om deel te kom neem aan ons misdaadsbewustheidsdag. Dit gaan insiggewend wees en hope pret daarby. Daar sal ook aktiwiteite vir die kinders wees en koswaentjies vir die wat honger raak,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Raak van dag nog betrokke by jou plaaslike buurtwag by www.afriforumbuurtwag.co.za

Soortgelyke plasings