|

Wes-Moot-tak hou gemeenskap veilig tydens protesaksies

AfriForum se Wes-Moot-tak het in Mei voortgegaan om die gemeenskap op verskeie maniere te beveilig. Dié tak het onder meer sigbaarheidspatrollies gery by stemlokale tydens die verkiesing en ook gehelp dat die protesaksie by die Coca-Cola-fabriek nie heeltemal handuit ruk nie.

Tydens die naweek ná die verkiesing het dié tak ook gehelp om ’n motordiefstal poging te fnuik. Die tak het ook voorbande gemaak voor die Coca-Cola-fabriek sodat kwaadwillige brandstigting nie motoriste se sig belemmer wanneer hulle hier ry nie.

“Gemeenskapsgedrewe aksies soos hierdie is juis wat AfriForum deur ons verskeie inisiatiewe wil bevorder. Ons moet hande vat en saamwerk om ons veiligheid te verseker. Dit is lekker om te sien hoe hierdie tak hard werk om die gemeenskap te beveilig,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Wes-Moot-tak betrokke by www.wordlid.co.za

Soortgelyke plasings