|

Noord van die berg-buurtspan sorg dat Pretoria-Noord nie onder rommel begrawe word nie

AfriForum se Noord van die berg-buurtspan het weer onverpoos gewerk om te verseker dat Pretoria-Noord se strate in Mei skoon is. Dié span het boonop 790 km in die maand afgelê in ’n poging om hierdie gemeenskap te verbeter.

Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord, sê die AfriForum-tak het verlede maand soveel rommel en vullis opgetel dat dit altesaam 1 540 sakke gevul het. Al 66 vragte is ook deur hierdie span weggery.

Benewens dié harde werk, onderhou die buurtspan ook op ’n maandelikse basis die Suur Klapper-park en die parke in Bokser- en Bokmakieriestraat. Hulle maak ook seker dat daar geen rommel daar gestrooi word nie.

“AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan en hoop te skep deur projekte van stapel te stuur wat ’n daadwerklike verskil in die area maak,” sê Steinberg.

Raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings