|

Williston-tak maak by ouetehuise ’n verskil

AfriForum se Williston-tak het op 3 Mei by Amandelhof Ouetehuis en Emmanuel Tehuis Williston ’n skenking van vars vrugte en groente gemaak. Hierdie tehuise is in die middel van Williston geleë en daar is altesaam 38 bejaardes wat permanent daar woon.

Dié skenking volg nadat dit aan die lig gekom het dat gereelde skenkings van die distrik se boere opgehou het omdat die area vir agt jaar gebuk gegaan het onder een van die ergste droogtes ooit. Selfs na goeie reënval vanaf Oktober 2021 sukkel baie instansies en boere nog om kop bo water te hou. Die Williston-tak het onder meer beet, pampoen, aartappels, uie, wortels, appels, lemoene en benodighede vir sop geskenk.

“Elke skenking maak ’n enorme verskil aan die lewenskwaliteit van die inwoners wat jare gelede voorvatters op die plase en in die kombuise was,” sê Marnel Louw, voorsitter van AfriForum se Williston-tak.

Die tak moedig die gemeenskap aan om ook hul deel te doen om ons bejaardes te versorg. Klik hier en raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke.

Soortgelyke plasings