|

Krugersdorp-buurtwag ontvang vuurwapenopleiding

AfriForum se buurtwag in Krugersdorp het op 23 September ’n kurses gedoen in basiese handwapenhantering.

Die doel van hierdie opleiding is om die bevoegdheid van AfriForum se patrolleerders deurgaans te verbeter. Hierdie tipe opleiding vind deur die loop van die jaar op verskeie terreine plaas. Dit verseker ook dat die buurtwaglede in staat is om volgens die wet op te tree wanneer hulle hul gemeenskappe beveilig.

“Dit is belangrik dat AfriForum se strukture toegerus word met die nodige kennis en vaardighede om ons gemeenskappe te kan help. Hierdie kursus help die lede om paraat op te tree in moeilike omstandighede en dien ook as ’n spanbou-aktiwiteit. Ons moedig ons strukture aan om as ’n groep saam te werk om potensiële situasies ​​te hanteer,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Die Krugersdorp-tak moedig die gemeenskap aan om by hul plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil te maak. Klik hier om aan te sluit.

Soortgelyke plasings