|

Eerstejaars uit hul vel om by De Goede Hoop te wees

Die De Goede Hoop-koshuis het pas sy heel eerste groep eerstejaars verwelkom.

Dié Afrikaanse privaatkoshuis is op ʼn Christelike-grondslag geskoei en word deur die burgerregte-organisasie AfriForum ondersteun.

De Goede Hoop sal onafhanklik van Tuks se koshuise funksioneer, maar beoog ook om aan tradisionele kampus sport- en kultuur-aktiwiteite deel te neem.

Die De Goede Hoop-koshuis is sowat 2 km van die Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus geleë en akkommodeer beide mans- en damestudente in aparte vleuels van die gebou.

Volgens, Cornelius Jansen van Rensburg, De Goede Hoop se bestuursraadvoorsitter, is die opening van dié privaatkoshuis ʼn belangrike mylpaal. “De Goede Hoop bied ’n tuiste vir dinamiese studente met Christenwaardes en wat ’n entoesiastiese gesindheid vir Afrikaans het,” meen hy.

“De Goede Hoop is veel meer as net ʼn koshuis. Hier wil ons saam bou aan ʼn kultuur van vooruitgang, prestasie en leierskap. Hierdie is ’n huis weg van die huis af.”

 

Soortgelyke plasings