AfriForum-buurtwag in Fichardtpark trek misdadigers vas


Op 18 Mei 2017 het Afriforum se Fichardtpark-buurtwag weereens bewys dat dié dorp se veiligheidsnetwerk uiters bekwaam is.
’n AfriForum-lid het om 1:11 ’n verdagte voertuig onder die tak se WhatsApp-noodgroep se aandag gebring. Die tak se noodresponslede het binne oomblikke ’n positiewe identifikasie van die voertuig in Theunissensingel gemaak en ook die voertuigregistrasienommer geïdentifiseer. Die sekuriteitsfirma ITR is gekontak om bystand te verleen.
Die tak kon ’n beskrywing van die kar en die registrasienommer aan die SAPD deurgee, wat tot die arrestasie van die verdagtes by die Engen-motorhawe in Fichardtpark gelei het. Die SAPD het bevestig dat die verdagtes in die kar probeer het om selfoontoringbatterye te steel.
Sluit vandag by jou naaste Afriforum-buurtwag aan om te verseker dat jou woonbuurt veilig bly.

Soortgelyke plasings