Witbank-buurtwag: Goeie samewerking lei tot arrestasie van vermeende inbreker

 

AfriForum se Witbank-buurtwag het verlede week in samewerking met lede van die South African Community Crime Watch (SACCW) ’n vermeende inbreker gearresteer.

“Die verdagte is opgemerk waar hy toegang tot ’n woning probeer verkry het. Die voorval is onmiddellik aangemeld waarna lede van die plaaslike AfriForum-buurtwag en die SACCW spoedig gereageer het. Die verdagte is voorgekeer en aangehou totdat die polisie opdaag het,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir AfriForum in Mpumalanga.
“Dié sukses is te danke aan goeie samewerking,” sê Rassie van der Lith, voorsitter van AfriForum se Witbank-buurtwag.

Soortgelyke plasings