AfriForum verwelkom Gupta-arrestasie


AfriForum het die arrestasie vanoggend van ten minste een Gupta-broer en ander verdagtes verwelkom.
Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, speel die druk wat AfriForum se privaat vervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel, ander burgerlike organisasies en die media op die owerheid uitoefen om hulle werk te doen ’n belangrike rol om te help toesien dat korrupte staatskapers uiteindelik deur die staat vervolg word.
Kriel wys daarop dat adv. Nel en sy span reeds besig was met ondersoeke wat met inligting in die uitgelekte Gupta-e-posse verband hou.

“Dit bly egter die eerste prys dat die staat sy werk doen om korruptes te vervolg, en daarom beskou AfriForum die optrede teen die Guptas as ’n oorwinning vir alle organisasies en individue wat korrupsie beveg.”

AfriForum se privaat vervolgingseenheid sal volgens Kriel die vervolging van die Guptas en hul bondgenote fyn dophou en self ingryp, indien nodig.

Soortgelyke plasings