AfriForum stig Midvaal-tak in Meyerton


Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n tak in Meyerton gestig. Dié takstigting volg nadat gemeenskapslede die behoefte uitgespreek het dat bepaalde probleme in die dorp, onder meer veiligheidskwessies, aangespreek moet word. Die tak sal voortaan as AfriForum se Midvaal-tak bekend staan.
Die takbestuur bestaan uit Ursula Pretorius (voorsitter), Frik van Greune (ondervoorsitter), Elzette Opperman (sekretaris), Fia Steyn (tesourier), Esteline Vermaak (omgewing­sakebestuurder), Sandra Louw (plaaslikeregeringsakebestuurder), Gerrit Viljoen (veiligheids­bestuurder) en Petrus Smal (jeug).

“Dié tak is ’n platform vir gemeenskapslede wat self verantwoordelikheid wil neem om hul dorp te verbeter en veiliger te maak. Ek doen ’n beroep op die gemeenskap van Meyerton om by die plaaslike AfriForum-tak aan te sluit,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid.

Raak vandag betrokke: SMS “Midvaal” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings