|

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag trek verdagte vas

Die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark het op 28 Januarie 2020 ’n inbreker gearresteer en aan die polisie oorhandig nadat die buurtwag dié dag ’n oproep ontvang het dat iemand besig is om by ’n huis in te breek.

Die verdagte was met twee skroewedraaiers en ’n selfgemaakte skokstok gewapen. Hy het van die toneel gevlug toe hy die buurtwag gewaar. Die verdagte is aangekeer nadat hy oor ’n muur gespring het en onder ’n bed in ’n huis weggekruip het. Hy is daarna aan die polisie oorhandig.

“AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag wil die gemeenskap aanmoedig om by hierdie aktiewe buurtwag betrokke te raak om inwoners se veiligheid te verseker,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Sluit vandag nog by AfriForum se Vanderbijlpark-tak aan: Stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com of SMS “Vdbp” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings