|

Stegie in Alwynrylaan skoner, veiliger ná Uitenhage-tak ingryp

Die AfriForum-tak in Uitenhage het op 13 Februarie onkruiddoder op die bossies in die stegie in Alwynrylaan gespuit om te verhoed dat dit die stegie oorneem. Dit volg ná hierdie tak se eerste skoonmaakprojek vir die jaar op 3 Februarie in die einste stegie waartydens ’n bakkievrag vol rommel en tuinvullis weggery is.

Hierdie aksies het plaasgevind nadat die gemeenskap die Uitenhage-tak om hulp genader het om met ’n meer permanente oplossing vorendag te kom om die stegie in stand te hou.

“Hierdie projek beklemtoon ons verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid en burgerlike trots. AfriForum se Uitenhage-tak wil bydra tot ’n veiliger en skoner gemeenskap. Ons doen daarom ’n beroep op inwoners om by ons plaaslike AfriForum-tak betrokke te raak en ons te ondersteun om nog meer suksesse te behaal,” sê Wikus van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: Klik hier vir meer inligting.

Soortgelyke plasings