|

AfriForum-buurtwag trek verdagtes in Potgietersrus vas

Die AfriForum-buurtwag in Potgietersrus het op 28 Junie 2020 vier verdagtes vasgetrek nadat die buurtwag inligting ontvang het dat ’n gesteelde voertuig van Rustenburg na Potgietersrus onderweg is. Dié buurtwag, wat vroeg in Junie ’n AfriForum-buurtwag geword, het vinnig opgetree en die voertuig op die N1 voorgekeer. Vier verdagtes is gearresteer en die polisie is ontbied.

Dié buurtwag het ook ’n deurbraak gemaak nadat hulle beeldmateriaal van die verdagtes in die plaasaanval op David Osbourne gevind het. Die beeldmateriaal, wat wys hoe die verdagtes in die voertuig klim, is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.

“Misdaad kan doeltreffend bekamp word met goeie samewerking tussen organisasies en die SAPD. Die buurtwag het ’n goeie verhouding met die plaaslike SAPD en werk saam om die gemeenskap te beveilig,” sê Hennie de Vos, voorsitter van AfriForum se Potgietersrus-buurtwag.

Raak vandag nog by AfriForum se Potgietersrus-buurtwag betrokke: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings