|

AfriForum se Benoni-tak takel slaggate

Die AfriForum-tak in Benoni het gedurende Julie die herstel van slaggate geprioritiseer, omdat baie klagtes vanuit die gemeenskap ontvang is oor die slegte toestand van die paaie. Die tak het 200 slaggate met 115 sakkies teer gevul in Mowbraylaan, Harrisonstraat, Howardlaan, Parkstraat, Railwaylaan, Byronsraat, Keiweg, Wilgeweg, Wellingtonstraat, Vierdestraat, Negendestraat, Tiendestraat, O’Reilly Merrystraat, Moodiestraat, Pretoriaweg, Kimboltonstraat, Turveystraat en Sunnysidelaan. Die tak het ook in Julie verskeie skoonmaakprojekte gedryf, veldbrande geblus en kospakkies aan twee kinderhuise voorsien.

“Baie paaie in Benoni is in ’n patetiese toestand, omdat die nodige instandhouding en herstelwerk nie gedoen word nie. Hierdie projek is ’n manier waarop AfriForum se Benoni-tak wys hulle nie skroom om die gemeenskap te ondersteun nie. Dit is merkwaardig om te sien die taklede het in die aande na werk ingespring en die koue trotseer om slaggate te vul. Dit is werklik iets om op trots te wees,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

“Ons as inwoners van Benoni moet almal verantwoording neem vir ons gemeenskap, sodat ons Benoni weer in ‘n toestand kan kry waarop ons almal trots is. Dit is belangrik om betrokke te raak en terug te ploeg in die gemeenskap. As ons net stil sit sal die agteruitgang voortgaan. Baie dankie aan elke AfriForum-lid se ondersteuning sowel as die wenspan in Benoni wat hierdie projekte aangepak het,” sê Achilles Mouyis, voorsitter van die Benoni-tak.

Word vandag nog deel van AfriForum se Benoni-tak: SMS “Benoni” na 45340 (R1) of kontak vir Achilles Mouyis by 082 303 8007.

Soortgelyke plasings