|

AfriForum pak volhoubare projekte in Bloemfontein aan

AfriForum se Bloemfontein-takke het in September verskeie volhoubare projekte aangepak om die woonbuurte op te knap en dienste te lewer.

Die takke het weens die Mangaung Metro se vertraging met dienslewering ’n vullisverwyderingsprojek van stapel gestuur en self vullis in die onderskeie woonbuurte verwyder. Woonbuurte is uiters onnet gelaat nadat vullissakke wat nie verwyder is nie, oopgeskeur is. Daar is ook op 4 en 19 September begin om straatname in onderskeidelik Fichardtpark en Pellissier te verf met behulp van onafhanklike kontrakteurs.

“AfriForum het reeds ’n aanmaning aan die Manguang Metro gerig aangesien die dienste wat hulle aan belastingbetalers moet lewer, nie plaasvind nie. Ons het nog geen terugvoer hieroor ontvang nie. Ons ontvang egter baie positiewe terugvoer van die gemeenskap oor ons volhoubare projekte. Die nuut geverfde en sigbare straatname laat die woonbuurte netjies lyk en maak sake ook makliker vir nooddienste om strate te identifiseer,” sê Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Besoek AfriForum se webtuiste by www.afriforum.co.za/vullisverwydering/ om vir die vullisverwyderingsdiens te registreer of stuur ’n SMS na 45266 (R1) om by AfriForum in Bloemfontein betrokke te raak.

* AfriForum se #VegEnBou-projek word in Oktober in Bloemfontein gehou en verskeie opheffingsprojekte sal gedurende die maand gedoen word. Hou AfriForum se sosialemediaplatforms dop vir meer inligting.

Soortgelyke plasings