|

AfriForum-tak en gemeenskap vul slaggate in Piet Retief

Die AfriForum-tak in Piet Retief het vandeesweek weer slaggate in die dorp gevul. Die tak het veral gefokus op dele van Pretorius-, Republiek-, Oos-, Klopper- en Bothastraat, Van Onselenstraat is ten volle herstel.

Die tak het ook teer aangekoop en die Piet Retief-gemeenskap aangemoedig om ook in te spring en slaggate te vul. “Mens kan sommer klaar ’n verskil sien in die toestand van die paaie. Ons is dankbaar vir die organisasies en ondernemings wat ook reusebydraes gelewer het om hierdie projek ’n sukses te maak,” sê Louis Malan, AfriForum se takvoorsitter in Piet Retief.

“Ons weier om die toestand van die paaie soos dit voor die projek was te aanvaar en saam met die gemeenskap sal ons aanhou om ons dorp op te knap en te verbeter,” sluit Malan af.

Sluit vandag aan by AfriForum se Piet Retief-tak, SMS “Piet Retief” na 45340 (R1)

Soortgelyke plasings