|

AFRIFORUM-BUURTWAG BIED ONDERSTEUNING AAN HERMANUS-BRANDWEER MET HOMMELTUIG

AfriForum se Alfa-buurtwag wat deel van die organisasie se Overstrand-tak vorm, het op 25 Maart 2021 die Hermanus-brandweer bygestaan om ’n brand onder beheer te bring nadat brandstigters ’n brand in Belladonnastraat in Sandbaai gestig het.

Die brandweer het  AfriForum se Alfa-buurtwag geskakel om hulp te verleen deur lig te verskaf met hul hommeltuig om ’n beter geheelbeeld van die situasie uit die lug te kry. Dit het die brandweer in staat gestel om die brand suksesvol te blus.

“’n Opregte woord van dank aan almal wat ’n rol gespeel het om die brand onder beheer te bring en sodoende skade aan verskeie inwoners se huise verhoed het. Ons sal aanhou om saam met ander organisasies te werk en hulp te verleen waar nodig,” sê Lourens Theron, leier van AfriForum se Alfa-buurtwag.

Om by een van AfriForum se veiligheidstrukture betrokke te raak SMS “veilig” na 45265 (R1).

Soortgelyke plasings