|

AfriForum se Rustenburg-tak reorganiseer

Die AfriForum-tak in Rustenburg het op 12 April 2022 ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens ’n interimtakbestuur verkies is. Gemeenskapslede kon hul insette lewer en nominasies maak oor die bestuurslede wat die tak sal verteenwoordig. Die volgende lede is tot die interimbestuur verkies: Dawie Conradie (voorsitter en plaaslikeregeringsake), Dawie Odendaal (ondervoorsitter en buurtwagleier), Armand Viljoen (sekretaris), Erentia Harding (tesourier) en Jan Erasmus (omgewingsake). AfriForum sal binnekort weer ’n gemeenskapsvergadering in Rustenburg hou om die volwaardige takbestuur te verkies.

“Baie dankie aan die vorige bestuur wat uitstekende werk gedoen het deur goeie selfdoenprojekte te vestig. Ek is vol vertroue dat die nuwe bestuur sal bou op die fondasie wat gelê is en met nuwe innoverende idees vorendag sal kom om verantwoordelikheid te neem oor die gemeenskap. Die nuwe bestuur wil graag die huidige veiligheidstruktuur versterk en ook fokus op die verbetering van die paaie en algemene netheid van die dorp. Daar sal ook aktief druk geplaas word op die munisipaliteit om hulle tot verantwoording te roep rakende dienslewering,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Rustenburg-tak: Kontak vir Dawie Conradie by 082 930 9905 of SMS “Rustenburg” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings