|

Vryburg-tak pak verskeie projekte voor einde van jaar aan

AfriForum se Vryburg-tak het op 11 en 12 November ’n sportfees gehou om bande met die gemeenskap te bou. Die naweek was ’n groot sukses met meer as 90 deelnemers wat aan verskeie sportsoorte deelgeneem het.

Op 11 November is daar ’n rolbalaand gehou waar altesaam 14 spanne vanuit die gemeenskap ingeskryf het, dié aand het ’n ete ingesluit en almal het na die tyd gesellig by die rolbalklub gekuier.

Op 12 November is daar ’n gholfdag gehou, 32 spelers het deelgeneem, en die aand is met ’n ete en prysuitdeling afgesluit.

Die tak het verder hulle volhoubare projek voortgesit en die konsentrasiekamp-begraafplaas se gras gesny, bome se takke gesnoei en onkruid uitgetrek. Die Vryburg-tak hou hierdie begraafplaas deurlopend skoon en sal daarmee voortgaan in die nuwe jaar.  

“AfriForum se Vryburg-tak wil graag elke onderneming en individu bedank wat aan die sportnaweek deelgeneem het. Ons bedank ook al die borge wat die naweek moontlik gemaak het. Ons sal aanhou om projekte ten bate van die gemeenskap van stapel te stuur en om gemeenskappe te mobiliseer deur aksies soos dié aan te pak,” sê Jp Nel, distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum se Vryburg-tak is tans met beplanning vir volgende jaar besig en het reeds verskeie projekte geoormerk. 

Raak vandag nog by AfriForum se takke betrokke, en help om jóú omgewing te beveilig en skoner te maak: SMS “Jou dorp se naam” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings