|

Rustenburg-tak gaan voort met volhoubare projek

Die AfriForum-tak in Rustenburg het gedurende Februarie meer as vyf hektaar gras in hierdie dorp gesny. Die areas waarop daar gefokus is, is misdaadbrandpunte en sluit in die hoek van Kerk- en Heferstraat, die hoek van Bovenstraat en Helen Joseph-rylaan en die hoek van Kruger- en Bultstraat.

Die tak se doelwit vir hierdie jaar is om die hoeveelheid gras wat verlede jaar gesny is, te verdubbel.

“Die Rustenburg-tak wag nie meer vir die munisipaliteit om op te tree nie, hul vat dit nou in hul eie hande om soveel as moontlik kernkwessies aan te pak. Hoewel daar heelwat onkostes aangegaan is om hierdie deurlopende aksies te dryf, kan hulle met trots sê dat hulle ’n reuseverskil in die gemeenskap maak. Die beplanning vir die volgende aksies word vooraf gedoen wat dan met ons lede wat handjie wil bysit, gedeel kan word,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Word vandag deel van die oplossing en sluit aan by AfriForum se Rustenburg-tak. SMS “Rustenburg” na 45344 (R1) of skakel vir Dawie Conradie by 082 930 9905.

Soortgelyke plasings