|

AfriForum se Weskus-tak verwyder graffiti

AfriForum se Weskus-tak het op 11 Oktober 2021 in samewerking met West Coast Jetting-dienste graffiti wat op verskeie rotse in die groenstrook tussen Langebaan se middedorp en Myburgpark was, verwyder.

Die projek is aangepak nadat daar verskeie klagtes vanuit die gemeenskap gekom het dat die graffiti die natuurlike prag van die omgewing versleg. ’n Hoëdrukspuit is gebruik om die meeste van die spuitverf van die rotse te verwyder en sandblaas sal gebruik word om die laaste oorblywende verf te verwyder.

“Ons is dankbaar om ook op hierdie manier ’n verskil te maak en seker te maak dat ons dorp en omgewing skoon en pragtig lyk,” sê Denis Caldwell, voorsitter van AfriForum se Weskus-tak. 

“Die waarde van die tipe aksies kan nooit gering geskat word nie. Hierdie is ’n sprekende voorbeeld van ’n selfstandige gemeenskap wat nie net sit en wag dat iemand anders die werk moet doen nie, maar van ’n gemeenskap wat self inspring en praktiese oplossings vir uitdagings en probleme in hulle gemeenskappe het,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder in die Boland.

Die tak moedig die gemeenskap aan om by soortgelyke projekte van die tak betrokke te raak en sodoende ‘n daadwerklike verskil te maak. SMS “Weskus” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings