Taksuksesse: Februarie 2024

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het 1 421 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 49 vragte vullis weggery.
  • Die tak se tuinspan het altesaam 15 ha gras gesny.
  • Die tak se tuinspan het 917 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak se tuinspan het elke Maandag 13 parke skoongemaak.
  • Taklede help elke Vrydag om die Heldeakker skoon te maak.
  • Die tak se tuinspan het paaie skoongevee (in totaal sowat 8 km).
  • Taklede het Welkom in AfriForum-wêreld-borde by die Laerskool Danie Malan aangebring.

Bronkhorstspruit

  • Buurtwaglede het ondersteuning aan ’n persoon gebied wat by ’n OTM geroof is.
  • Die buurtwag het deurlopend sigbaarheidspatrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gereageer ná ’n voorval van veediefstal by Firolaz, terwyl hulle ook gehelp het om geknipte grensdrade weer toe te span.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery tydens onluste om hul gemeenskap te beveilig.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het ’n totaal van 501 manure met bossiekappers in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 10 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het ’n groot boom wat in ’n gemeenskapslid se erf omgeval het, opgesny en verwyder.
  • Die tak se buurtspan het ’n waterpunt by die Laerskool Wonderboom reggemaak en ’n stopkraan geïnstalleer.
  • Die tak se buurtspan het ’n sementblok uitgebreek om sodoende toegang vir die buurtspan se voertuie te verkry.

Moreletapark

  • Die tak het ’n ooreenkoms met Wingate Park-gholflandgoed gesluit om paaie rondom dié landgoed in stand te hou. Taklede het 800 m se verkeerstrepe oorgeverf, waaronder by drie spoedhobbels en voor twee vierrigtingstoppe.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie rolspelers talle veiligheidsoperasies gehou.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak se buurtspan het knelpunte op die hoek van Ou Johannesburg- (R101) en Ruimteweg aangepak waar inwoners onder geweldige misdaad gebuk gaan.
  • Die tak se buurtspan het op die hoek van Goshawkstraat en Estcourtlaan skoongemaak nadat herwinde materiale onwettig daar gestort is.
  • Die tak se buurtspan het inwoners gehelp om groenstroke langs Ou Johannesburgweg (R101) se gras te sny om sodoende inbrake te verhoed.
  • Die tak se buurtspan het inwoners van Pierre van Ryneveld te hulp gesnel deur hulle huishoudelike vullis weg te ry. 46 swartsakke vullis met ’n gewig van 240 kg is weggery.
  • Die tak se buurtspan het die groot gemors by Wierdapark-winkelsentrum opgeruim.  
  • Die tak se buurtspan het die oop veld naby die ou posbusse in Valhalla se gras gesny nadat dit in ’n haglike toestand verval en vreeslik onnet gelyk het.
  • Buurtwaglede het in samewerking met ander organisasies ’n boom verwyder wat tydens ’n groot storm oor die pad geval het.
  • Die tak se buurtspan het skoonmaakprojekte in Campbellweg en Lorentzstraat van stapel gestuur.
  • Die tak se buurtspan het op versoek van die Laerskool Swartkop een van die skoolroetes beveilig.
  • Die tak se buurtspan het die vierrigtingstop in Saxbylaan skoongemaak. Dit word beskou as een van die gevaarlikste vierrigtingstoppe in Centurion.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek in Hendrik Verwoerdrylaan gehou waartydens vullis opgetel en gras gesny is.
  • Taklede het twee Amerikaanse groepe verwelkom wat meer kom leer het oor hoe om herwinningsprojekte te bestuur.  

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die tak het saam met gemeenskapslede ’n skoonmaakprojek by die Sterkfontein-begraafplaas gehou.
  • Buurtwaglede het gehelp om drie inhegtenisnames vir diefstal op die terrein van ’n skool te maak terwyl die leerders nog in hul klasse was.
  • Die buurtwag se hulp is ontbied in verband met ’n huisroof, waarna drie arrestasies gemaak is.
  • Buurtwaglede het na ’n toneel gehaas waar ’n selfmoord plaasgevind het.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde voertuig help opspoor.

Randfontein

  • Die buurtwag het ’n skoonmaakprojek by ’n substasie gehou. Dít volg nadat die substasie gereeld in die verlede gesaboteer is.

Vanderbijlpark

  • Die tak het 72 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het vier klagtes rakende waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het drie klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Buurtwaglede het ondersteuning aan ADT Sekuriteit gebied ná probleme met ’n verdagte in Wielandstraat ondervind is. Die SAPD is ook ontbied.
  • Die buurtwag is ontbied na Einstein- en Becqueralstraat ná ’n motorongeluk, waarna die nooddienste ook gekontak is.
  • Buurtwaglede het ondersoek ingestel ná inligting ontvang is oor ’n huisbrand in Gillespiestraat. Die brandweer en nooddienste was ook op die toneel teenwoordig.
  • Die buurtwag het in samewerking met die brandweerdiens ’n brand by ’n woonstelblok in Boswellstraat help blus.
  • Buurtwaglede se hulp is ingeroep ná ’n inbraak by ’n huis in Thackeraystraat. Met hul aankoms het die verdagtes egter reeds op die vlug geslaan.
  • Die buurtwag is ontbied na die Rum Drum-drankwinkel op die dorp nadat ’n dronk persoon moeilikheid probeer maak het. Buurtwaglede het die situasie onder beheer gebring.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op die hoek van Siemens- en Jennerstraat nadat ’n werknemer van Street Watch aangerand is.
  • Die buurtwag het blitsig gereageer ná ’n noodroep ontvang is oor ’n inbraak in Gilbertstraat. Die SAPD was ook op die toneel.
  • Buurtwaglede was teenwoordig in Wilkinsonstraat om te help met verkeerbeheer tydens ’n begrafnis.
  • Die tak het gras gesny en skoongemaak in Maxwellstraat.
  • Taklede het gras gesny en skoongemaak in Pasteurboulevard. Die vullis is ook weggery na die vullisterrein.
  • Die tak het voortgegaan met sy teerprojek in Flora Gardens. Tot op hede is 13 ton teer daarvoor gebruik.
  • Taklede het Phoenix-park se gras gesny en vullis opgetel ter voorbereiding vir ’n pretdraf. Die tuinrommel en vullis is daarna na die vullisterrein weggery.

Westonaria

  • Die tak het nege klagtes rakende kragprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 43 klagtes rakende waterprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 47 klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het agt klagtes rakende vullisverwyderingsprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het die gemeenskap ondersteun tydens ’n huisbrand in Raceview. Buurtwaglede het omgesien na ’n slagoffer wat tweede- en derdegraadse brandwonde opgedoen het, terwyl hulle ook die brand help blus het. Nooddienste is ontbied en het die pasiënt na die naaste hospitaal vervoer.
  • Buurtwaglede het blitsig gereageer op ’n noodroep met betrekking tot ’n poging tot moord nadat ’n lid van die gemeenskap in die been geskiet is op pad na sy huis. Die buurtwag het die nooddienste gekontak, waarna die pasiënt na die naaste hospitaal vervoer is.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Mayberrypark van stapel gestuur waartydens 30 slaggate opgevul is.
  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou waartydens ’n afstand van 252 km binne ’n tydperk van twee ure in die noorde van Alberton afgelê is. Buurtwaglede het onder meer ’n voorval van huishoudelike geweld ondersoek en die SAPD gekontak om nadere ondersoek te doen.

Brakpan

  • Die tak het as gasheer opgetree vir ’n uiters suksesvolle vergadering waartydens talle rolspelers in die gemeenskap – insluitend die SAPD, die Ekurhuleni-metropolisie, korrektiewe dienste, nooddienste en munisipale amptenare – byeengekom het om uitdagings in die gemeenskap aan te pak.
  • Die buurtwag het saam met die SAPD aan ’n suksesvolle operasie deelgeneem waartydens twee padblokkades gelyktydig op die N17-snelweg gehou is. Daar is ook toegeslaan op dwelmverwante bedrywighede binne die sentrale sakekern.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem waartydens die plaaslike vullisterrein met begeleiding van die Ekurhuleni-metro deur taklede besoek en geoudit is.

Benoni

  • Die buurtwag het 2 107 km in 368 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het in samewerking met ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy gereageer op ’n huisbraak in Rynfield. Die verdagtes het probeer vlug, maar is uiteindelik vasgetrek.
  • Taklede en plaaslike organisasies het saamgewerk en ’n suksesvolle skoonmaakprojek op die hoek van High- en Louisaweg gehou waartydens gras gesny en rommel opgetel is.
  • Taklede en plaaslike organisasies het saamgewerk en ’n suksesvolle skoonmaakprojek by Benoni se munisipale swembad gehou waartydens gras gesny en rommel opgetel is.
  • Taklede en plaaslike organisasies het saamgewerk en ’n suksesvolle skoonmaakprojek by Crystalpark gehou waartydens gras gesny en rommel opgetel is.
  • Die tak het twee nuwe motorfietse vir sy patrollielede aangekoop met die doel om landelike gebiede beter te beveilig.
  • Die buurtwag het opleiding in noodhulp (vlak 1 en 2) aan 14 van sy lede gebied.
  • Die tak het ’n beheerkamer opgerig wat die gemeenskap sal dien met die monitering van ANPR-kameras.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD se Trio-taakspan aan ’n suksesvolle operasie deelgeneem waartydens drie verdagtes aangekeer is wat by aanranding en roof betrokke was.
  • Buurtwaglede het na ’n toneel in Pretoriaweg gejaag nadat inligting oor ’n huisbraak ontvang is.

Boksburg

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n tref-en-trap-ongeluk waartydens ’n motorfietsbestuurder erg beseer is. Noodhulp is toegepas, waarna nooddienste die pasiënt na ’n hospitaal vervoer het.
  • Buurtwaglede het gemoedere kalmeer nadat twee gemeenskapslede mekaar in Impalapark aangerand het, waarna die nooddienste ontbied is.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Witfield deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het noodhulp toegepas op lede van ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy nadat hulle in die spervuur van ’n gewapende rooftog beland en skietwonde opgedoen het.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Bardene deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Boksburg-Suid deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike rolspelers ’n voertuig aangekeer wat tydens verskeie kapings gebruik is. Dit is vermag danksy die hulp van die buurtwag se ANPR-kameranetwerk. Vier verdagtes is ook aangekeer en in hegtenis geneem.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n toneel in Isando nadat ’n voertuig ’n voetganger raakgery het. Die buurtwag het die toneel beveilig en noodhulp toegepas.

Edenvale

  • Die buurtwag het 607 km in 101 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gemeenskapslede te hulp gesnel nadat hul voertuig gekaap is.
  • Die buurtwag het saam met die SAPD aan ’n suksesvolle operasie deelgeneem waartydens sewe inhegtenisnames gemaak is.

Kempton Park

  • Die tak het in samewerking met die SAPD en plaaslike rolspelers ’n familie ondersteun wat op ’n begraafplaas gewoon het. Dié hulpbehoewende familie is verskuif na ’n ander tuiste, terwyl klere en ander benodighede ook aan hulle geskenk is.
  • Die buurtwag het saam met die SAPD gewerk om ’n Toyota Hilux wat in Glen Marais gesteel is, op te spoor.

Springs

  • Die buurtwag het ’n suksesvolle skoonmaakprojek in Casseldale gehou.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die Ekurhuleni-metropolisie ’n voertuig vasgetrek wat by ’n kapingsvoorval betrokke was.
  • Die buurtwag het sekuriteitsmaatskappye en die SAPD gehelp om twee verdagtes aan te keer wat by ’n gewapende rooftog in Benoni betrokke was.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem waartydens die plaaslike vullisterrein met begeleiding van die Ekurhuleni-metro deur taklede besoek en geoudit is.

MPUMALANGA

Algemeen

   AfriForum se Mpumalanga-distrikskoördineerder het die Bela-wetsontwerp teengestaan tydens ’n openbare verhoor in Embalenhle.

Bethal

  • Die tak het verskeie strate herstel deur doleriet te gebruik. Dié strate sluit in: Blesbok-, Gemsbok-, Impala-, Buffel-, Eland-, Malherbe-, Van Riebeeck-, Kleynhans-, Du Plooy- en Markstraat, asook Van der Stel- en Hoëveldlaan.
  • Die tak se noodwaterpunt by die A.C. Kerk, asook die nuwe noodwaterpunt by die Gereformeerde Kerk is deur gemeenskapslede aangewend tydens die onlangse waterkrisis.
  • Taklede het gehelp om water met tenkwaens van boere se plase na Bethal aan te ry om gemeenskapslede toegang tot water te gee nadat die dorp se krane weer eens droog geloop het.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het 60 kg tamaties uit die gemeenskapstuin geoes en aan die Silwerjare-ouetehuis en die Bethal-sopkombuis geskenk.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by die Davieshof-sentrum voltooi.
  • Taklede het deelgeneem aan ’n skoonmaakprojek by die plaaslike begraafplaas wat deur die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit onderbreek is. Die tak het egter ’n skrywe aan die munisipaliteit gestuur om hulle in kennis te stel dat AfriForum wel voortgaan met die projek en dit weer eersdaags sal hervat.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het nege verdagtes in hegtenis geneem vir verskeie misdade. Buurtwaglede het vier gesteelde motors teruggevind, asook een gekaapte vragmotor. Een van die verdagtes is in hegtenis geneem vir bedrog en diefstal in ’n saak waarby rondom R2,5 miljoen betrokke is.
  • Die tak het mediese ondersteuning verleen op vier ongelukstonele, asook by drie ander voorvalle.

Piet Retief

  • Die buurtwag het ’n suksesvolle OPS-patrollie gehou. Hierdie OPS-patrollies vind een keer per maand plaas en is daarop gemik om sigbaarheid in die gemeenskap te verhoog. 22 lede het dit bygewoon.

Standerton

  • Die tak het meer as 40 sakke teer gebruik om talle slaggate rondom die Super Spar op te vul. Dié slaggatherstelprojek is in samewerking met Super Spar aangepak; taklede het die arbeid verrig en Super Spar het die teer geborg.
  • Buurtwaglede het gereeld patrollies tydens beurtkrag gery om te verhoed dat kriminele kabels steel en substasies teiken.
  • Taklede het die terrein rondom die Voetsporemonument skoon gesny en opgeruim.
  • Die tak het ’n nuwe naambord by die plaaslike begraafplaas aangebring. Dít is gedoen in samewerking met Kasselman Sekuriteit en Lekwa Cleanup Crew.
  • Taklede het ’n nuwe LPR-kamera buite Standerton opgerig om selfs nóg beter na die gemeenskap se veiligheid om te sien.

Ermelo

  • Die Ermelo- en Chrissiesmeer-buurtwag het gereeld patrollies tydens beurtkrag gery om te verhoed dat kriminele kabels steel en substasies teiken.
  • Die Chrissiesmeer-buurtwag het verskeie strate in Chrissiesmeer skoon gesny sodat die dorp netjieser vertoon.

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die tak het ’n nuwe Zero-Turn-grassnyer ontvang.
  • Die tak het ’n skrywe aan Silulumanzi gerig om ’n rioolpyp te blok wat riool direk in die Steiltes Natuurreservaat pomp.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
  • Die tak se noodwaterpunt is deur die stad se inwoners gebruik tydens watertekorte.

Witrivier

  • Buurtwaglede het ’n sigbaarheidspatrollie gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag se herhaler is met 4 m gelig om beter radiokommunikasie teweeg te bring.

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het R4 000 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met skoonmaakprojekte in die dorp. 
  • Taklede het 26 nuwe straatnaamborde in die dorp opgerig om motoriste te help.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Die tak het verkeerstekens in die dorp vervang en padstrepe oorgeverf.
  • Die buurtwag het in samewerking met AfriForum se Potgietersrus-buurtwag ’n motorbandesindikaat vasgetrek.
  • Buurtwaglede het veediewe aangekeer.
  • Die tak het gehelp met die skoonmaak van ’n mediese sentrum.
  • Taklede het die dorp se hoofstraat skoongemaak.
  • Die tak het Solidariteit Helpende Hand se nasorgsentrum vir skoliere skoongemaak.

Warmbad

  • Taklede het Apiesdoring-park skoongemaak.
  • Die tak het die ingang na die dorp opgeknap.
  • Taklede het ’n ongelukkige huiseienaar gehelp om waterlekkasies te herstel.

Phalaborwa

  • Die tak het gemeenskapslede ondersteun ná ’n onlangse watertekort in die dorp.
  • Taklede het saam met die gemeenskap ’n skoonmaakprojek by die dorpsingang aangepak.
  • Taklede het noodwaterpunte in die dorp aangebring.
  • Die tak het ’n klagte teen Nersa aanhangig gemaak.
  • Taklede het kos aan ’n ouetehuis geskenk.

Potgietersrus  

  • Taklede het sop by ’n ouetehuis uitgedeel.
  • Buurtwaglede het ’n sigaretsindikaat help vastrek.
  • Die buurtwag het die Hoërskool Piet Potgieter beveilig tydens EFF-betogings.
  • Die buurtwag het gehelp om gesteelde beeste op ’n hoewe buite die dorp terug te kry.

Groblersdal

  • Die tak het gehelp om ’n vreedsame protesaksie buite die Groblersdal Landdroshof te reël.
  • Taklede het ’n memorandum aan die Minister van Justisie oorhandig.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het gehelp met buurtvernuwingsprojekte in La Hoff en Doringkruin.

Potchefstroom

  • Die buurtwag se 197 aktiewe lede het 144 patrollies aangepak waartydens 4 680 km in 483 manure afgelê is.
  • Buurtwaglede het vier minderjarige perdediewe vasgetrek en aan die SAPD oorhandig.
  • Die buurtwag het Mooirivier Beskerming ondersteun tydens die inhegtenisname van ’n vermeende inbreker.
  • Tak- en buurtwaglede het in samewerking met Bailliepark Gemeenskapsprojek (BPGP) en Kleinplaas Pype 2 ton teer ter waarde van R10 600 gebruik om 80 slaggate op te vul.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

MARICO

Algemeen
AfriForum het vullisterreinoudits uitgevoer by die volgende nege takke:

  • Brits/Hartbeespoort
  • Mooinooi
  • Rustenburg
  • Koster
  • Swartruggens
  • Zeerust
  • Lichtenburg
  • Coligny
  • Ventersdorp

Rustenburg

  • Die tak het voortgegaan met die sny van gras op verskeie plekke in die dorp. Daar is veral gefokus op die hoek van Kerk- en Krugerstraat, op die hoek van Kruger- en Bultstraat, asook op die hoek van Helen Josephrylaan en Bovenstraat. Taklede het ’n trekker en snyer, asook bossiekappers gebruik om meer as 3,50 ha gras te sny.

 

Lichtenburg

  • Die tak het uiteindelik ’n groot slaggatherstelprojek in Breëstraat afgehandel. Taklede het 30 ton teer gebruik om 284 slaggate op te vul, terwyl een drom ss60 bitumen ook gebruik is om die gate te seël. Taklede het verder ook twee stoptekens in Breëstraat vervang, terwyl die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit verkeerstrepe oorgeverf het.
  • Die buurtwag is ontbied nadat ’n koperdiefstalvoorval by die Wildteelsentrum se transformator – ook bekend as die Klipveld-transformator – plaasgevind het. Buurtwaglede het ses diewe vasgetrek, waartydens alle gesteelde koper ook teruggevind is.
  • Ses buurtwaglede het patrollie- en teenkapingopleiding ontvang.

STELLALAND

Vryburg

  • Taklede het die konsentrasiekampbegraafplaas se gras gesny, ses leë erwe skoongemaak, die grasveld langs die Tosca-pad gesny, asook die hospitaal se gras gesny om dit makliker te maak vir die helikopter om te land. Die skoonmaak van oorgroeide erwe is veral belangrik omrede misdadigers dit as wegkruipplek gebruik.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan ’n skietdag deelgeneem, terwyl een van die lede ’n derde plek behaal het.
  • Die buurtwag het AfriForum-buurtwaginligtingsborde in die dorp opgerig.
  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om kabeldiewe aan te keer.
  • Die buurtwag het ’n geslaagde inligtingsaand oor regsaspekte aangebied waartydens Marnus Kamfer as gasspreker opgetree het.
  • Die tak het met die munisipale bestuurder vergader.
  • Taklede het ’n slaggat voor die plaaslike ouetehuis opgevul.

Parys

  • Taklede het 30 sakke teer gebruik om 30 slaggate op te vul.
  • Die tak het beswaar gemaak teen die Bela-wetsontwerp.

Sasolburg

  • Die tak het 34 ha gras gesny.
  • Taklede het ’n aantal slaggate met 23 sakke teer opgevul.
  • Die tak het 5,3 ha skoongemaak.
  • Taklede het ’n wasbakstaander by ’n ouetehuis ingebou.
  • Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Buurtwaglede het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het die SAPD tydens ’n padblokkade ondersteun en talle arrestasies help uitvoer.
  • Buurtwaglede het verskeie skole saam met die SAPD besoek en beslag gelê op dagga, dwelms en sigarette.
  • Die buurtwag het op ’n kroeg toegeslaan wat buite besigheidsure sake doen.

Viljoenskroon

  • Die tak het ses swartsakke vullis van ’n leë erf verwyder.
  • Taklede het die onkruid by die verkeersirkel naby die ouetehuis met gif behandel.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het twee suksesvolle operasies gehou waartydens inhegtenisnames ook uitgevoer is.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ’n huisbraaksindikaat vasgetrek.
  • Buurtwaglede het ’n vermeende ontvoerder vasgetrek.
  • Die buurtwag werk daagliks nou saam met die SAPD om misdaad te bekamp.
  • Die tak het vyf dae per week gras gesny by vyf verskillende begraafplase.
  • Taklede het twee keer deur die loop van die maand die gras rondom die museum gesny.
  • Die tak het 90 sakke (11,25 ton) teer gebruik om 55 slaggate op te vul.
  • Die tak hou sy lede daagliks op hoogte ten opsigte van plaaslikeregeringsakekwessies.

Frankfort

  • Die tak het voortgegaan met verskeie aksies en hofsake teen die Mafube Plaaslike Munisipaliteit.

Harrismith

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Kroonstad

  • Die tak het in samewerking met die FAK die konsentrasiekamp skoongemaak. Foto’s van die skoonmaakprojek is op Facebook geplaas.

Steynsrus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die gemeenskap ondersteun deur water aan inwoners te voorsien tydens betogings wat die munisipaliteit verhoed het om basiese dienste te lewer.
  • Die tak het ’n klagte by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien.

Welkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Winburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het gesamentlik ’n veldtog van stapel gestuur wat behels dat AfriForum-lede ’n aansoek aan die Mangaung-metro kan rig om te kwalifiseer vir korting op munisipale vullisverwyderingsdienste.
  • AfriForum-taklede het met die volgende skole vergader oor die lewering van vullisverwyderingsdienste, waarna kwotasies aan hulle gestuur is:
  • Universitas Primêre Skool
  • Grey Kollege (laer- en hoërskool)
  • Willem Postma Primêre Skool
  • AfriForum-taklede het met die volgende onderneming vergader oor die lewering van vullisverwyderingsdienste, waarna kwotasies aan hulle gestuur is:
  • Makprop
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het die volgende vullisterreine se oudits gefinaliseer:
  • Bloemfontein-Noord-vullisterrein
  • Bloemfontein-Suid-vullisterrein
  • Boshof-vullisterrein
  • Dealesville-vullisterrein
  • Zastron-vullisterrein
  • AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte, sekuriteitsmaatskappye, die SAPD, Mangaung-verkeersdienste en nooddienste het hul ondersteuning vir Internasionale Kinderkankerdag op 15 Februarie 2024 gewys deur skenkings aan die CHOC-tehuis in die stad te oorhandig.
  • Die Bloemfontein-takke het beswaar gemaak teen die Bela-wetsontwerp.
  • Bloemfontein-taklede het ’n inligtingsessie saam met die Voorslag Voortrekkerkommando gehou.

Pellissier

  • Die buurtwag het saam met verskeie maatskappye ’n witligbewusmakingsaksie gehou.

Wilgehof

  • Die buurtwag se 55 aktiewe patrollielede het 133 patrollies gery waartydens 2 375 km afgelê is.
  • Die tak het nuwe toerusting vir sy lede aangekoop.
  • Die tak het opleiding in die volgende velde vir sy lede aangebied: Insameling van informasie, patrollie, radiospraak en Stop the bleed.
  • Taklede het die tak se gebeurlikheidsplanne ingeoefen. 
  • Die tak het vier nuwe gedragskodes ontvang. 
  • Die buurtwag het twee mans aangesê om die area te verlaat.
  • Buurtwaglede het na die veiligheid omgesien van die graad 8-leerders van Anton van Wyk-koshuis by die Hoërskool Jim Fouché tydens hul jaarlikse nagmars. 
  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om ’n man wat onder die invloed van alkohol was by die Gardenia Spar te verwyder.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied met verkeerbeheer in Walter Sisuluweg.
  • Buurtwaglede was verantwoordelik vir toeskouers en deelnemers se veiligheid tydens ’n byeenkoms by die Joe Malherbe-sportkompleks.
  • ’n Aantal nuwe lede het by die tak aangesluit.

Uitsig

  • Die buurtwag het in samewerking met talle ander plaaslike rolspelers hul ondersteuning vir Internasionale Kinderkankerdag op 15 Februarie 2024 gewys deur skenkings – waaronder kos en Bybels – aan die CHOC-tehuis in die stad te oorhandig.

Hospitaalpark

  • Die buurtwag het in samewerking met ITR Sekuriteit en die SAPD se blitspatrollie gereageer nadat ’n verdagte persoon juweliersware gesteel het. Die verdagte is aangekeer en die juweliersware is aan die eienaar terugbesorg.

Bloemfontein-Noord

  • Die tak het ’n bestuursvergadering gehou.

Langenhovenpark

  • Buurtwaglede het die Bainsvlei-polisiestasie se grasperk gesny op aanvraag van die stasiebevelvoerder. Dié buurtwag en polisiestasie handhaaf uitstekende samewerking.

KWAZULU-NATAL

Amanzimtoti

  • Taklede het ’n gat in ’n parkeerterrein in Winklespruit herstel. Dít volg nadat die eThekwini-metro ’n waterlek reggemaak het maar die teer maande lank net so gelaat het. Die tak het uiteindelik besluit om die gat self reg te maak nadat verskeie versoeke vanuit die gemeenskap aan die metro om dit te herstel op dowe ore geval het.

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n volhoubare projek van stapel gestuur om Kamieskroon en omliggende dorpe 24 uur per dag, sewe dae ’n week van drinkwater te voorsien met behulp van drie boorgatpompe wat AfriForum in die omgewing geïnstalleer het.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het gehelp met die herstel en opgradering (verf, teer en arbeid) van die pad en toetsstasie wat vir die uitreik van voertuiglisensies in Kakamas gebruik word.
  • Die tak het monsters van kraanwater op twee verskillende plekke geneem om te toets of dit vir menslike gebruik geskik is. Die toetsuitslae het bevestig dat die water nie vir menslike gebruik geskik is nie. Die tak het hierdie uitslae van PathCare saam met skrywes aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit gestuur om munisipale amptenare te waarsku dat riool in die dorp se drinkwater voorkom.  
  • Taklede het die dorp se watergehalte voortdurend gemonitor en voortgegaan om druk op die munisipaliteit toe te pas om skoon drinkwater vir Kakamas se inwoners te verseker.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat die tak in die parkeerterrein geplant het, natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Taklede het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongehou.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Taklede het die Menseregtekommissie (MRK) genader oor die voortslepende waterprobleem in die dorp en het gevolglik ’n saak teen die munisipaliteit aanhangig gemaak.
  • Die tak het ’n optog in Kenhardt (wat deel is van die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit) meegemaak om hul ontevredenheid te toon oor die gebrek aan drinkwater in die dorp. Taklede het ook ’n memorandum aan die munisipale bestuurder oorhandig.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die beheerkamer se kameras herstel om te help met veiligheid in die dorp.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring.
  • Die tak het danksy volgehoue druk ’n kardinale rol gespeel in die skuldigbevinding en vonnisoplegging van Aubrey Baartman, ’n voormalige munisipale bestuurder van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit. Hy is tot korrektiewe toesig gevonnis.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Upington

  • Die buurtwag het in samewerking met Rhino Security deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen oor die rioolkwessie by die Kalahari-winkelsentrum.
  • Hurter Spies Ing. het in opdrag van AfriForum ’n aanmaning aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit gestuur om druk op die munisipaliteit te plaas rakende die rioolprobleem by die Kalahari-winkelsentrum.
  • Die tak het ’n skrywe aan E. Ntoba, munisipale bestuurder van die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit, gestuur oor die watertekort in Kalksloot, Leseding en Klippunt.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het die voorgestelde Bela-wetsontwerp tydens ’n openbare vergadering teengestaan.
  • Taklede het gemeenskapsvergaderings oor die waterprobleem in Kalksloot en Klippunt bygewoon.
  • Die tak het onmiddellike optrede van die Menseregtekommissie (MRK) vereis met betrekking tot die rioolstorting in Upington.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak was deel van die reëlingskomitee van die Williston Jeugskou, terwyl hulle ook 121 hemde geborg het vir kinders tussen die ouderdomme van ses en negentien. Die projek was ’n baie groot sukses.
  • Taklede het klere, groente en boeke aan die Amandelhof- en Emmanuel ACVV-tehuis in Williston geskenk.

De Aar, Hanover en Britstown (nie tans ’n aktiewe tak nie)

  • Hoewel daar nie ’n aktiewe AfriForum-tak in een van hierdie dorpe is nie, het AfriForum steeds ’n skrywe aan die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit gestuur rakende die ernstige waterprobleme wat in hierdie drie dorpe ondervind word.
  • AfriForum is in die proses om ’n tak in De Aar te stig; Hanover en Britstown sal deel vorm van hierdie tak.
  • Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari, het saam met gemeenskapslede dié drie dorpe se onderskeie rioolwerke, boorgate en vullisterreine besoek.
  • Tydens bogenoemde besoek het AfriForum ook De Aar, Hanover en Britstown se vullisterreine geoudit.

Griekwastad (nie tans ’n aktiewe tak nie)

  • AfriForumhet deurlopend kragprobleme aan Eskom se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk in en rondom Griekwastad kan plaasvind. 
  • AfriForum het watertoetse by ’n geakkrediteerde laboratorium laat doen om die gehalte van die dorp se drinkwater te bepaal. 
  • AfriForum het ’n gemeenskapsvergadering gehou om munisipale kwessies met die gemeenskap te bespreek, asook om die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) met hulle te bespreek. 
  • AfriForum het met die Noord-Kaapse LUR vir COGHSTA en die Noord-Kaapse premier vergader oor verligting vir die dorp. 
  • AfriForum het die dorp se vullisterrein tydens bogenoemde besoek geoudit. 

Bo-Karoo 

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.  

Delportshoop 

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Taklede het 50 sakke vullis verwyder in dele van die dorp as deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek.
  • Die tak het watertoetse by ’n geakkrediteerde laboratorium laat doen om die gehalte van die dorp se drinkwater te bepaal. 
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem. 

Douglas 

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het met verskeie rolspelers in die gemeenskap oor munisipale kwessies vergader.
  • Die tak het ’n algemene ledevergadering gehou om munisipale kwessies met sy lede te bespreek.

Kimberley 

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Taklede het ’n kleuterskool gehelp met hul onlangse fondsinsameling wat deel vorm van die tak se JoJo-tenkprojek.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Prieska 

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Taklede het ’n Paia-aansoek by die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit ingehandig. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.  

Vaalharts 

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Cradock

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Buurtwaglede het die laaste fase van hulle kameraprojek afgehandel en ’n terugspeelvermoë op die kameras geïnstalleer.
  • Die buurtwag het saam met die munisipaliteit ’n gepaste ligging vir nuwe kameras geïdentifiseer.
  • Taklede het die Kouga Plaaslike Munisipaliteit se munisipale bestuurder besoek om duidelikheid te kry oor foutiewe munisipale rekeninge.
  • Buurtwaglede het gehelp om veldbrande te bestry.

Oos-Londen

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Port Elizabeth

  • Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien in tye wat woonbuurte in dié stad se krane droog was.
  • Die Broadwood- en Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het AfriForum Jeug se jaarlikse jeugkongres in Parys bygewoon.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n veld skoongemaak.
  • Die Walker Drive-buurtwag het gehelp om ’n gesteelde beursie terug te vind.
  • Die Broadwood- en Walker Drive-buurtwag het gehelp om veldbrande te bestry.
  • Walker Drive-buurtwaglede het gehelp om water en energiedrankies vir brandbestryders in Kareedouw in te samel.
  • Die Walker Drive-buurtwag was betrokke by die Winterberg-plaaswag se massabewusmakingspatrollie.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Uitenhage

  • Die Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Winterberg-plaaswaglede het gehelp om veldbrande te bestry.
  • Die Winterberg-plaaswag het gehelp om water en energiedrankies vir brandbestryders in Kareedouw in te samel.
  • Winterberg-plaaswaglede het ’n sokkie gehou om fondse in te samel vir die aankoop van ’n hommeltuig. Nagenoeg R22 000 is ingesamel.
  • Die tak het talle skoonmaakprojekte van stapel gestuur om sodoende te help om verval in die dorp te stuit.
  • Taklede het ’n stegie met gif behandel om dit skoner en veiliger te maak.
  • Die Winterberg-plaaswag het minderjarige verdagtes vasgetrek nadat hulle by ’n plaashuis buite die dorp probeer inbreek het.
  • Taklede het oop velde in die dorp se gras gesny.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die SAPD tydens ’n veiligheidsoperasie ondersteun deur hul hommeltuig in te span.
  • Taklede het aan ’n volhoubare gemeenskapsprojek – Skoon De Doorns – deelgeneem. Dit behels die skoonmaak van die dorp.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Overstrand

  • Die Alfa-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Alfa-buurtwaglede het die SAPD en ander sekuriteitsmaatskappye gehelp met die bekamping van misdaad deur die beskikbaarstelling van hul hommeltuig.
  • Die Alfa-buurtwag het hul sleepwa, wat opgebou is om brande te beveg, uiteindelik gefinaliseer en begin gebruik om brande in die omringende gebiede te bestry.
  • Alfa-buurtwaglede het gehelp om kennisgewingborde aan te bring op strande waar robbe gewoonlik lê.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Paarl

  • Die Paarl-Noord-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te  beveilig.
  • Paarl-Noord-buurtwaglede het ’n veiligheidsoperasie saam met verskeie rolspelers gehou om misdaad te bekamp.
  • Die tak het ’n gratis werkswinkel oor selfverdediging gehou wat deur sowel AfriForum-lede as lede van die publiek bygewoon is.
  • Taklede het met die Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit vergader om samewerking tussen die partye te bewerkstellig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ondersteuning aan die SAPD gebied deur hul hommeltuig vir operasies beskikbaar te stel.
  • Die tak het druk op die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit geplaas rakende waterbesoedeling in die omgewing.
  • Die tak het ’n algemene jaarvergadering gehou.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Strand

  • Die Strand Patrol-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur wat die insameling van herwinbare materiaal behels ten einde ’n ekstra inkomste vir die tak te genereer.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp om verskeie verdagtes wat al ’n geruime tyd lank deur die SAPD en ander wetstoepassingsowerhede gesoek word, in hegtenis te neem.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Cederberg

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Durbanville

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig. Buurtwaglede het heelparty patrollies op hul eie hanteer, maar het ook groot suksesse behaal tydens hul maandelikse operasie saam met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye. Hulle spoor veral winkeltrollies wat gesteel word weer op.
  • Taklede het kommentaar opgestel na aanleiding van die Stad Kaapstad se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het ’n projek geloods wat behels dat hulle die Klein Phisantekraal Preprimêre Skool se leerders beveilig deur ’n heining om die skool aan te bring. Fase 1 noodsaak ’n gedeeltelike omheining en fase 2 het ’n volle omheining tot gevolg (wat al die drade en die hek insluit).

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Hulle het talle suksesse behaal, waaronder inhegtenisnames wat verband hou met veral inbrake wat in die gebied toeneem.
  • Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery en die SAPD tydens ’n operasie ondersteun.
  • Taklede het deurgaans parke in Bellville en Oakdale skoongemaak.
  • Die tak het as gasheer opgetree by ’n opleidingsessie waartydens AfriForum 30 lede van Community in Blue in Bellville opgelei het. Die volgende modules is aangebied: Regsaspekte, patrollies, misdaadtoneelhantering, ongelukstoneelhantering, asook bevel-en-beheer.

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opknappingsprojek deelgeneem waar hulle parke skoonmaak deur die gras te sny en vullis op te tel. Dit sluit die nuwe parke langs die Van Riebeeck-hoofingang in.
  • Die tak het kommentaar opgestel na aanleiding van die Stad Kaapstad se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Malmesbury

  • Die Malmesbury- en Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het kommentaar opgestel na aanleiding van die Swartland Plaaslike Munisipaliteit se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het kommentaar opgestel na aanleiding van die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het voortgegaan met sy twee volhoubare projekte; hulle plaas uilhuise uit om uile te red, terwyl hulle ook besig is met die skilpadprojek wat die bewaring van skilpaaie behels.

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook observasieposte in die omgewing opgerig het. Die plaaswaglede hou sowel dag- as nagpatrollies om misdadigers uit hulle areas te hou.
  • Taklede het gehelp om die poskantoor se lugversorgers te diens, terwyl hulle ook fondse ingesamel het vir ’n nuwe lugversorger.
  • Die Langebaan-buurtwag en Hopefield-plaaswag het gehelp met die soektog na Joshlin Smith, die vermiste kleuter.

George

  • Die Geelhoutboom- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Taklede het ligte by ’n park geïnstalleer.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Taklede het geld ingesamel om ’n kragopwekker en brandstof te koop en aan ’n boer in die Karoo te skenk.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Albertinia-plaaswaglede het ’n VOLK-fasiliteerderkursus bygewoon.

Kaap Agulhas

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Knysna

  • Taklede het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n volhoubare projek van stapel gestuur wat behels om die heining langs die N2-snelweg te herstel.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Taklede het ’n VOLK-fasiliteerderkursus aangebied.
  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.
  • Taklede het 2 000 liter water ingesamel en aan dorpe in die Karoo geskenk.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • De Rust-buurtwaglede het ’n VOLK-fasiliteerderkursus bygewoon.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Soortgelyke plasings