TAKSUKSESSE: OKTOBER 2023

NOORDSTREEK

MPUMALANGA

Bethal

  • Taklede het saam met Skipgo Teksa weekliks 30 asblikke in die dorp leeggemaak.
  • Die tak het slaggate in Buffelstraat opgevul.
  • Taklede het saam met inwoners van Uitbreiding 5 op die dorp krake in Van Riebeeckstraat geseël.
  • Taklede het danksy die tak se gemeenskapstuinprojek meer as 200 kg kos aan tehuise geskenk.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Die tak het meer as 50 bome aan verskeie skole in die Teks-area geskenk.
  • Die tak het ’n putjie geborg by die Hoërskool Oosterland se gholfdag wat by die Graceland Hotel, Casino & Country Club gehou is.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag, Eloff-buurtwag en Argent-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het verskeie suksesse behaal:
  • Twee voertuie wat die SAPD verontagsaam het is voorgekeer, terwyl twee arrestasies ook gemaak is.
  • Twee vragmotors en ’n voertuig is opgespoor in drie verskillende voorvalle.
  • ’n Voertuig met vervalste nommerplate is voorgekeer en een persoon is in hegtenis geneem.
  • ’n Gesteelde vragmotor met vervalste nommerplate is teruggevind en twee arrestasies is gemaak. Die vragmotor was na bewering by ’n graandiefstalsindikaat betrokke.

Piet Retief

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Standerton

  • Taklede het in samewerking met die Northern Light Foundation slaggate in Beyers Naudéstraat opgevul.
  • Die tak het nóg twee substasies met alarmstelsels beveilig.
  • Taklede het algemene herstelwerk gedoen by die SAVF-gemeenskapsentrum op die dorp.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Middelburg

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Witbank

  • Die tak het bome geskenk aan verskeie skole in Witbank.

Ermelo

  • Die Ermelo- en Chrissiesmeer-tak het ’n regsgeding teen die Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit van stapel gestuur.
  • Ermelo- en Chrissiesmeer-taklede het gras gesny en skoongemaak rondom Chrissiesmeer.
  • Die Ermelo- en Chrissiesmeer-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery gedurende Oktober om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het nuwe LPR-kameras opgerig op Dr. Enos Mabuzarylaan. 
  • Taklede het ’n nuwe noodwaterpunt in Belladonnastraat opgerig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het gemeenskapslede ondersteun met klagtes oor onwettige studentebehuising.
  • Die buurtwag het onwettige strikke in die Nelspruit-area verwyder.

Witrivier

  • Buurtwaglede het tydens patrollies ondersteuning op verskeie ongelukstonele gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.  
  • Die buurtwag het ’n nuwe nagsig aangekoop.
  • Buurtwaglede het hulle herhaler geskuif om sodoende beter opvangs te verseker.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery gedurende Oktober om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die tak het ’n nuwe vuurvegterwaentjie aangekoop.
  • Taklede het tien vrugtebome aan die Wenakker-tehuis vir gestremdes geskenk.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 

Belfast

  • Die tak se waterpunte is deur inwoners benut tydens watertekorte in die dorp.  
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.
  • Die tak het ’n nuwe skrywe van ’n prokureur ontvang waarin beloof word dat rioolkwessies op die dorp aangepak sal word. 

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery gedurende Oktober om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het twee nuwe waarskuwingsborde opgerig wat motoriste waarsku teen swak padtoestande op die R541.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Dullstroom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery saam met die plaaslike GPF om hul gemeenskap te beveilig.

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Algemeen

Die volgende buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem:

  • Centurion
  • Pretoria-Wes
  • Pionier
  • Hills & Dales
  • Hennopsrivier

Centurion

  • Die tak se buurtspan het skoongemaak rondom die Lyttelton-rolbalklub.
  • Die buurtwag het opleiding in vuurwapenhantering vir sy lede aangebied, asook skietopleiding.
  • Die tak se buurtspan het vullis en tuinrommel na die vullisterrein weggery om ’n skoner gemeenskap te vestig.
  • Die tak se buurtspan het die Tshwane-metro gehelp om bome wat omgeval het op te saag en weg te ry.
  • Die buurtwag het op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Taklede het gemeenskapslede gehelp tydens skoonmaakaksies in Lyttelton Manor.
  • Die tak se buurtspan het ’n brandpunt in die gemeenskap op die hoek van Trichardtweg en Cradocklaan skoongemaak.
  • Die tak het die uitrusting van die Laerskool Swartkop se skoolpatrollie geborg.
  • Die tak se buurtspan het Furman-park skoongemaak as deel van hul neem-’n-park-aan-inisiatief.

Pretoria-Wes

  • Taklede het help skoonmaak voor die plaaslike tehuis as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.

Garsfontein/Faerie Glen 

  • Die Garsfontein/Faerie Glen-tak het 12 koorsbome in dié buurte geplant as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.

Pionier

  • Die tak het gehelp om ’n gebarste hoofwaterlyn te herstel.
  • Taklede het slaggate opgevul as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het 2 383 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 67 vragte tuinrommel weggery.
  • Die tak se tuinspan het altesaam 8 ha gras gesny.
  • Die tak se tuinspan het ’n addisionele 10 ha tot 12 ha gras gesny.
  • Die tak se tuinspan het 760 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Taklede het 30 slaggate opgevul.
  • Die tak se tuinspan het elke Maandag 13 parke skoongemaak.
  • Taklede het elke Vrydag gehelp om die Heldeakker skoon te maak.
  • Taklede het vyf bome geplant.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het drie arrestasies vir dronkbestuur saam met die Tshwane-metropolisie en die SAPD uitgevoer.
  • Die buurtwag het drie voertuie saam met die Tshwane-metro en die SAPD gekonfiskeer.
  • Buurtwaglede het ’n onwettige immigrant in hegtenis geneem.

Moreletapark

  • Taklede het gehelp om Jimmy Aves-park skoon te maak; 440 kg vullis is uit die park weggery.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het 135 sakke rommel weggery.
  • Die tak se buurtspan het vier asblikke leeggemaak.
  • Die tak se buurtspan het 1 manuur met die bossiekappers gewerk.
  • Die tak se buurtspan het 11,5 manure met die kettingsae gewerk.
  • Die tak se buurtspan het nege vragte tuinrommel weggery.
  • Die tak se buurtspan het drie verkeersligte geverf.
  • Die tak se buurtspan het sewe stormwaterdreine skoongemaak en drie vragte grond weggery.
  • Die tak se buurtspan het 7 m3 se boomsaagsels in roosbeddings gegooi.
  • Die tak se buurtspan het 1 000 liter water gebruik om nuwe bome wat geplant is nat te lei.
  • Buurtwaglede het Hartjie van die Moot se funksie bygewoon.
  • Die tak het sy LPR-kameraprojek voortgesit.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied tydens ’n noodgeval.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n brand te bestry.
  • Buurtwaglede het ’n motoris wie se motor langs die pad onklaar geraak het, ondersteun.
  • Die buurtwag het twee eenheidspatrollies gehou.
  • Buurtwaglede het altesaam 975,49 km in 78,2 manure afgelê tydens patrollies.

Apiesrivier

  • Die tak het ’n suksesvolle algemene jaarvergadering gehou.
  • Taklede het deurlopend sigbaarheidspatrollies gery.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Fochville

  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun tydens onluste in Fochville wat oor kragprobleme gehandel het.

Krugersdorp

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens die suksesvolle arrestasie van verdagtes en die opspoor van gesteelde goedere.
  • Buurtwaglede het gehelp om huis- en veldbrande in die omgewing te bestry.
  • Die buurtwag het op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied tydens ’n mediese noodgeval, waarna hulle ’n ambulans ontbied het.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied aan MRS tydens ’n simulasie van Sansa.
  • Die tak was saam met die plaaslike GPF betrokke by ’n skoonmaakprojek by die Paul Kruger-standbeeld en omliggende omgewing.
  • Die buurtwag het hulp aangebied met die blus van ’n brand by die Sterkfontein Hospitaal.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n brand by die Krugersdorp Wildtuin te blus.
  • Die buurtwag het ondersteuning aan nooddienste gebied tydens ’n gewapende rooftog.
  • Buurtwaglede het skarebeheer toegepas.
  • Die buurtwag het ’n skoonmaakprojek saam met die gemeenskap aangepak.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Midvaal

  • Buurtwaglede het regs-en-risiko-opleiding ontvang.
  • Die buurtwag het opleiding in wapenhantering ontvang.
  • Die tak het 33 vrugtebome aan die gemeenskap geskenk.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Vanderbijlpark

  • Die tak het 72 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 15 klagtes rakende waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het sewe klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • by die substasie in Carpentierstraat aan die brand gesteek het.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied by Malcolmboulevard nadat ’n voertuig aan die brand geslaan het; nooddienste is na die toneel ontbied.
  • Die buurtwag het ’n vragmotor opgespoor wat gekaap is.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied by die Laerskool Kollegepark nadat die skoolsaal se deur oopgebreek is en die hek van sy spoor afgetel is.
  • Die buurtwag se hulp is ontbied nadat ’n vrou gedreig het om selfmoord te pleeg.
  • Buurtwaglede het ondersoek ingestel op die hoek van Faraday- en Rutherfordboulevard ná gerugte dat kabels gesteel is. Drie verdagtes is gevolglik aangekeer.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied in Goodyearstraat nadat kabels gesteel is.
  • Buurtwaglede het die SAPD ondersteun ná ’n voorval in Shakespearestraat.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied by die Laerskool Hendrik van der Bijl nadat kabels by die skool gesteel is. Drie verdagtes is gevolglik vasgetrek.
  • Buurtwaglede is na Parsonsstraat ontbied nadat verdagtes met kragmeters in hul besit gevind is.
  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek op die middelman voor die Herfsoord-ouetehuis; 6,75 ha gras is gesny en agt vragte vullis is na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het gras gesny en skoongemaak rondom die substasie in Carpentierstraat; 0.581 ha gras is gesny en ses vragte vullis is na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het gras gesny en skoongemaak in Maxwellstraat; 0,762 ha gras is gesny en ses vragte vullis is na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het voortgegaan met hul volhoubare skoonmaakprojek in Jean Websterstraat; 0,521 ha gras is gesny en vier vragte vullis is weggery.

Vereeniging

  • Die tak het ses bome by M&G Autism Centre in Drie Riviere geplant.
  • Taklede het 20 bome aan Proudly Three Rivers geskenk om te help om Vereeniging weer mooi te maak.

Westonaria

  • Die tak het nege klagtes rakende kragprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 43 klagtes rakende waterprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 47 klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld
  • Die tak het agt klagtes rakende vullisverwydering ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het op ’n ongelukstoneel – waar ongeïsoleerde lewende kragkabels ’n gevaar vir die publiek ingehou het – ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Buurtwaglede het ’n vrou te hulp gesnel nadat verdagtes gepoog het om haar handsak te steel. Die buurtwag het gehelp om die verdagtes te identifiseer, waarna die inligting oorgedra is aan die winkelsentrum se gesigherkenningstelsel.
  • Die buurtwag het deelgeneem aan ’n sigbaarheidspatrollie wat daartoe bygedra het om Alberton te beveilig.
  • Buurtwaglede is na ’n toneel ontbied waar ’n vragmotor gekaap en langs die pad agtergelaat is, terwyl hulle ook ’n tweede vragmotor met ’n vermiste vrag opgespoor het.
  • Die buurtwag het op ’n ongelukstoneel in Mayberry Park ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied.
  • Buurtwaglede het na ’n toneel gehaas waar ’n verdagte kabels probeer steel het en gevolglik deur elektrisiteit geskok is. Die verdagte is deur nooddienste na ’n hospitaal vervoer.
  • Die buurtwag het op versoek van ’n privaat sekuriteitsmaatskappy gesteelde sinkplate wat gekonfiskeer is na ’n polisiestasie vervoer as bewysstukke.
  • Buurtwaglede was op die toneel waar ’n roekelose bestuurder ’n voetganger raakgery het. Die bestuurder het aanvanklik van die toneel gevlug, maar het later teruggekeer en is in hegtenis geneem. Die voertuig is deur die Ekurhuleni-metropolisie weggeneem.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Brakpan

  • Buurtwaglede het aan ’n SAPD-operasie deelgeneem waartydens sowel ’n gekaapte motor as gesteelde motoronderdele in beslag geneem is.
  • Die tak het die gemeenskap ondersteun deur die noodhulpstasie by ’n plaaslike musiekfees by Rose Tulee te beman.
  • Taklede het petisies by die N.G. Kerk Brenthurst laat onderteken teen die #WegMetPC-veldtog.
  • Die tak het as gasheer opgetree tydens ’n baie suksesvolle vergadering waar alle rolspelers in die gemeenskap, insluitend die SAPD, Ekurhuleni-metropolisie, korrektiewe dienste, die munisipaliteit en nooddienste, saamgekom het om uitdagings in die gemeenskap aan te pak.
  • Die tak het die gemeenskap gehelp deur aanvullende bewysstukke vir die Groen Skerpioene in te samel met betrekking tot uitdagings rondom die Weltevreden-vullisterrein en Plastic City-noodhuisvesting.
  • Die buurtwag het saam met plaaslike rolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Benoni

  • Die buurtwag het in Oktober 565 manure gepatrolleer waartydens 3 155 km afgelê is om die Benoni-gebied te beveilig.
  • Die tak het ’n noodwaterpunt opgerig wat deur gemeenskapslede gebruik kan word in geval van watertekorte.
  • Buurtwaglede het saam met ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy ’n voertuig agternagesit wat by ’n huisbraak betrokke was. Die voertuig het beheer verloor, waarna die drie insittendes in hegtenis geneem is vir die besit van onwettige vuurwapens, gesteelde eiendom, huisbraak, die besit van ’n vuurwapen en roekelose bestuur.
  • buurtwag is ontbied na ’n toneel waar hengelaars ’n lyk naby die Lakeviewdam se damwal opgemerk het.
  • Buurtwaglede het saam met plaaslike rolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Boksburg

  • Die buurtwag het saam met plaaslike rolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Edenvale

  • Die buurtwag het in Oktober altesaam 383 km in 113 manure afgelê om die Edenvale-gebied te beveilig.
  • Buurtwaglede het ’n huisbrand help bestry.
  • Die buurtwag is na ’n toneel ontbied waar ’n voertuig gekaap is.
  • Buurtwaglede het nadere ondersoek ingestel ná gerugte van huishoudelike geweld by ’n woning.
  • Die buurtwag het ’n gemeenskapslid gehelp deur nooddienste te ontbied, waarna die pasiënt na die naaste hospitaal vervoer is.
  • Buurtwaglede het saam met plaaslike rolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Germiston

  • Die buurtwag het op ’n ongelukstoneel in Sunnyridge ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied. Die bestuurder is deur nooddienste na die Germiston Hospitaal vervoer.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die plaaslike GPF drie verdagtes op ’n misdaadtoneel aangekeer, waarna hulle aan die SAPD oorhandig is.
  • Die tak het op ’n noodroep gereageer en ’n vrou in erge pyn te hulp gesnel. Ná verdere ondersoek het die buurtwag bevind dat sy ernstige beserings opgedoen het. Nooddienste is ontbied om die vrou na die Germiston Hospitaal te vervoer.
  • Die tak het ondersoek ingestel na ’n moontlike geval van huishoudelike geweld in Marlands. Op aankoms is daar vasgestel dat ’n slagoffer met ’n baksteen aangerand is en ’n tweede slagoffer steekwonde opgedoen het. Danksy die hulp van ’n plaaslike sekuriteitsmaatskappy is drie verdagtes aangekeer. Beslag is ook gelê op ’n vals vuurwapen, dwelmmiddels, ’n groot hoeveelheid dwelms en ’n gesteelde voertuig.
  • Die buurtwag het die verkeer gereguleer op A.G. de Wittrylaan nadat ’n vragmotor die verkeer geblokkeer het.
  • Buurtwaglede het op ’n ongelukstoneel in North Reefweg ondersteuning gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied. Die bestuurder is deur nooddienste na die Germiston Hospitaal vervoer.
  • Die buurtwag het in samewerking met ’n privaat sekuriteitsmaatskappy en die SAPD twee verdagtes in Primrose vasgetrek.
  • Taklede het ’n groot skoonmaakaksie in Klopperpark in Welkomstraat gehou.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek op die hoek van Welkomstraat en Avondgloedweg in Klopperpark gehou; gras is gesny, vullis is opgetel en die pad se randstene is skoongemaak.
  • Die buurtwag het ’n operasie in samewerking met die plaaslike GPF en die SAPD gehou waartydens daar op ’n drankwinkel in Klopperpark toegeslaan is.
  • Die tak het ondersoek ingestel na ’n klagte van rusverstoring by die Protea-ouetehuis in Primrose. Inspekteurs van die relevante departement is uitgestuur om die klagte te ondersoek.
  • Die buurtwag het saam met plaaslike rolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Kempton Park

  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek gehou waartydens 80 sakke teer gebruik is om slaggate in Kempton Park op te vul.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye ’n sleepwadiefstalsindikaat vasgetrek. Die drie verdagtes is ook in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde sonkragtoerusting en die onwettige handel in dwelmmiddels. 
  • Die tak het gehelp om ’n brand te blus by Casa Caritas, ’n tehuis vir gestremdes. Die AfriForum-traumaeenheid het ondersteuning gebied en versamelpunte vanuit die gemeenskap vir donasies beskikbaar gestel. 
  • Die tak se ANPR-kameras het ’n verdagte voertuig wat by sakerooftogte betrokke was geïdentifiseer. Die voertuig is met behulp van die SAPD en plaaslike rolspelers onderskep en drie verdagtes is in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het saam met plaaslike rolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Springs

  • Die buurtwag het sy brandbestrydingstoerusting gebruik om ’n brand te help blus.
  • Buurtwaglede het gereageer nadat ’n voertuig naby die Selcourt Towers-winkelsentrum aan die brand geslaan het; hulle het saam met plaaslike rolspelers gewerk om die brand te blus.
  • Die buurtwag het saam met plaaslike rolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem en ’n totaal van 1 084 km afgelê.
  • LIMPOPO

Ellisras

  • Die Beska-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Ellisras-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Beska-plaaswag het gehelp om ’n brand te bestry.
  • Die tak is baie dankbaar vir die bakkie wat ’n plaaslike myn aan hulle geskenk het om te gebruik in die uitvoering van hul take.
  • Die tak het brandbestrydingstoerusting vir sy lede aangekoop.

Pietersburg

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n nuwe LPR-kamera aangekoop as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het gehelp met die bestryding van ’n brand.

Tzaneen

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n brand op ’n plaas te bestry.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n bestuursvergadering gehou.
  • Taklede het opleiding ontvang oor plaaslikeregeringsake.
  • Die tak beplan om ’n veiligheidsdag aan te bied.

Messina

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n plaasaanval te fnuik.
  • Die tak het twee LPR-kameras ontvang as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.
  • Taklede het voortgegaan met talle van hul projekte.
  • Die tak het gehelp om ’n brand te bestry.

Thabazimbi

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ’n padblokkade saam met die SAPD gehou.
  • Die buurtwag het nuwe toerusting vir sy lede aangekoop.
  • Taklede het straatname oorgeverf as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.

Naboomspruit

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.   
  • Taklede het verkeerstekens in die dorp opgerig en verkeerstrepe oorgeverf.
  • Buurtwaglede het gehelp om veldbrande te bestry.
  • Die tak het druk op die munisipaliteit geplaas om die dorp se watertoevoer te herstel.

Marble Hall

  • Die tak het gehelp om die Geloftefeesterrein op te knap as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.

Warmbad

  • Taklede het ’n park op die dorp skoongemaak.
  • Die tak het gehelp om veldbrande in en rondom die dorp te bestry. 

Nylstroom 

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.  
  • Buurtwaglede het fluitjies aan die informele nedersetting se buurtwag geskenk.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n plaasaanval buite die dorp.

Phalaborwa

  • Die tak het aan AfriForum se boomplantmaandprojek deelgeneem deur bome by die heldeakker in Phalaborwa te plant.
  • Taklede het met oplossings vorendag gekom ná ’n watertekort in die dorp.
  • Die tak het gehelp om brande in Phalaborwa te bestry.

Groblersdal

  • Die tak het ’n nagsig-aand vir die gemeenskap gehou.
  • Taklede het deelgeneem aan die CVO Gromar Landbou Akademie se 25 jaar-feesvieringe.
  • Die tak het in samewerking met landelike veiligheid begin om ’n AfriForum-buurtwag op die dorp te stig.

Potgietersrus

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.  
  • Taklede het ’n veld in die dorp skoongemaak.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied ná ’n plaasaanval en gehelp om ses van die sewe aanvallers vas te trek.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Buurtwaglede het nagenoeg 30 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag kon danksy sy kameras die SAPD help met die inhegtenisname van ’n kabeldief.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n besige kruising klaar geplavei nadat die Nala Plaaslike Munisipaliteit hulle gedeelte van die bakstene aangekoop het soos ooreengekom.

Heilbron

  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel wat die volgende take verrig het:
  • Verf die verkeerstrepe van al die syingange na Kerkstraat tussen Spar en die N.G. Kerk.
  • Verf twee vierrigtingstoppe in Langmarkstraat.
  • Maak die gholf- en rolbalbaan netjies ter voorbereiding vir ’n gholfdag en snoei ook die bome.
  • Maak al die padgeute skoon waar hulle verf.

Parys

  • Die tak het weer eens druk op die munisipaliteit geplaas oor die voortslepende water- en kragkrisis in die dorp.
  • Die tak het ’n kultuuraand met die sanger Stef Kruger aangebied waartydens taklede ingelig is van die tak se werksaamhede. Die aand het ook gedien as ’n blyk van waardering aan lede vir hul volgehoue bydraes deur die jaar.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Sasolburg

  • Taklede het 21,4 ha gras gesny.
  • Die tak het op 28 Oktober ’n blommemark by die Hoëveldse Tuine in die dorp gehou. Die tak hou op die laaste Saterdag van elke maand ’n mark by die tuine.
  • Taklede het agt witkareebome in Vaalpark en Sasolburg geplant.
  • Die tak het 1,5 ha skoongemaak.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem en verskeie simulasies suksesvol uitgevoer.
  • Die buurtwag het elke Sondag vir twee ure lank patrollies by die plaaslike begraafplaas gehou sodat inwoners die grafte van hul afgestorwe geliefdes kon besoek.
  • Buurtwaglede het aan ses verskillende tipe patrollies deur die loop van die maand deelgeneem.
  • Die buurtwag het ’n spesiale patrollie saam met die SAPD se landelike veiligheidseenheid uitgevoer waartydens plase gepatrolleer is.
  • Buurtwaglede het ’n spesiale patrollie saam met die SAPD uitgevoer nadat lasbriewe bekom is om persele vir dwelms en gesteelde goedere te deursoek. Twee inhegtenisnames is gemaak vir die besit van dwelms en gesteelde goedere.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Hillsboro (park)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het ’n gesamentlike veldtog van stapel gestuur wat behels dat AfriForum-lede ’n aansoek aan die Mangaung-metro kan rig om te kwalifiseer vir korting op munisipale vullisverwyderingsdienste.
  • AfriForum se veiligheidstrukture in Bloemfontein het ’n toekenning gewen in die jaarlikse Best of Bloem-kompetisie deur aangewys te word as die beste woonbuurtforum/buurtwag.
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het hul lede tydens ’n voorlegging oor nasionale gesondheidsversekering (NGV) verteenwoordig.
  • AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein het aan dié burgerregteorganisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog en sodoende hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, nooddienste, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies uitgevoer. Altesaam 141 AfriForum-lede en ander rolspelers in Bloemfontein het aan die patrollie deelgeneem en 2 400 km in 77 voertuie afgelê. Die patrollie het omstreeks 19:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur. Talle voorvalle is suksesvol hanteer.

Pellissier

  • Die buurtwag het in samewerking met die Mangaung-brandweer, die brandbestrydingsgroep Working on Fire (WoF), die sekuriteitsmaatskappy ITR Security en plaaslike boere ’n brand in die Kwaggafontein-Brandkop-gebied in Bloemfontein vinnig onder beheer gebring. Daar is intussen vasgestel dat ’n foutiewe kraglyn wat aan die brand geslaan het die oorsaak van dié brand was.

Wilgehof

  • Buurtwaglede het 176 patrollies deur die loop van die maand gery – waartydens 3 050 km afgelê is – om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het drie nuwe patrolleerders gewerf. 
  • Buurtwaglede het ’n voertuig wat deur die eienaar daarvan vir die balju versteek was, opgespoor.
  • Die buurtwag was betrokke by ’n voorval waar ’n vrou haar baba alleen in ’n motor toegesluit het terwyl sy by ’n kuierplek was. Die baba is aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede het ondersteuning op verskeie ongelukstonele gebied deur die toneel te beveilig, die verkeer te reguleer en die nooddienste te ontbied. 
  • Die buurtwag het ondersteuning aan ondernemings en skole gebied met betrekking tot die aanmelding van verdagte en/of ongewenste persone. 

Zastron

  • Die tak het in samewerking met die Groen Skerpioene twee strafregtelike klagtes by die Zastron-polisiestasie teen die munisipale bestuurder van die Mohokare Plaaslike Munisipaliteit aanhangig gemaak weens vullis- en rioolbesoedeling wat sowel ’n omgewings- as gesondheidsrisiko vir inwoners inhou.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag, asook die Hartbeesfontein-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag, asook die Hartbeesfontein-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Songloed-buurtwag het ’n brandblusser ontvang en gehelp om brande in dié woonbuurt te blus.
  • Songloed-buurtwaglede het die SAPD tydens ’n padblokkade ondersteun.
  • Die Hartbeesfontein-buurtwag en -plaaswag het ses brandbestrydingspakke in ontvangs geneem.

Potchefstroom

  • 194 buurtwaglede het 112 patrollies deur die loop van die maand gery om hul gemeenskap te beveilig; 3 740 km is in 385 manure afgelê.  
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het 66 sakke teer gebruik om 16 m² se slaggate in Chris Hanistraat op te vul.
  • Die tak het gehelp om riete in die trimpark met gif te behandel sodat dit kan vrek, terwyl taklede ook bome uit die Mooirivier verwyder het wat ’n obstruksie in dié rivier veroorsaak het.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.  
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

MARICO

Lichtenburg

  • Taklede het meer as 65 slaggate in dié dorp opgevul en geseël. Hulle het 24 ton teer en twee dromme ss60 bitumen hiervoor gebruik. Hierdie inisiatief het ten doel om padveiligheid in Lichtenburg te verbeter.
  • Die tak het van 5 tot 12 Oktober slaggate by die kruising van Le Rouxweg en Breëstraat opgevul. 7 ton teer is benodig om dié slaggate op te vul. Dit vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.
  • Taklede het tussen 16 en 20 Oktober 10 ton teer en twee dromme ss60 bitumen gebruik om 138 slaggate by die Le Rouxweg-kruising op te vul en te seël.
  • Die tak het tussen 19 en 26 Oktober 480 m2 se pad herstel by die kruising van Dr. Beyers Naudérylaan en 12de Laan. 20 ton warm teer is gebruik om die slaggate op te vul, terwyl ss60 bitumen gebruik is om die slaggate te seël.
  • Die tak het in Oktobermaand ’n totaal van 61 ton warm teer gebruik om ongeveer 1 464 m2 se slaggate op te vul, terwyl vyf dromme ss60 bitumen gebruik is tydens die verseëlproses.

Rustenburg

  • Die tak hetdie ou Rustenburg-begraafplaas skoongemaak en versorg. Vyf stortbakke tuinvullis is verwyder, terwyl taklede ook onkruiddoder gespuit het om te verhoed dat onkruid oor die grafte groei.

KWAZULU-NATAL

Vryheid

  • Die tak het met Nersa en die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit vergader nadat AfriForum Nersa versoek het om dié munisipaliteit se elektriese verspreidingslisensie terug te trek. Gevolglik het die munisipaliteit gevra om saam na oplossings te soek. Alhoewel die tak ingestem het om na die munisipaliteit se oplossings te luister, behou AfriForum die reg voor om voort te gaan met regstappe om Nersa te verplig om ’n tribunaal aan te stel om AfriForum se versoek deur te voer.

Newcastle

  • Die tak het voortgegaan met ’n gesamentlike slaggatherstelprojek wat al die afgelope drie maande saam met die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit aangepak word. Meer as 700 sakke teer is in dié tydperk gebruik om slaggate op te vul.

Amanzimtoti

  • Die tak het as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek Winklespruit se strand aangeneem en al verskeie onderhoudswerk daar uitgevoer. Tydens hierdie projek, waaraan Tidy Towns ook deelgeneem het, is die parkeerterrein se strepe én die rusbankies op die strand oorgeverf, terwyl daar ook skoongemaak is en gras gesny is.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het gehelp met die herstel en opgradering (verf, teer en arbeid) van die pad en toetsstasie wat vir die uitreik van voertuiglisensies in Kakamas gebruik word.
  • Die tak het saam met ander rolspelers Karoo-aalwyne by die ingange na Kakamas geplant. Dié mooimaakprojek is nog nie klaar nie en die tak beoog om dit in November voort te sit en onder meer sonkragligte by die ingange te installeer.
  • Taklede het hand bygesit tydens die tussenverkiesing van wyk 3 in Kakamas, wat die grootste gedeelte van die dorp uitmaak.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat taklede in die parkeerterrein geplant het, natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het 20 kopligte aan die plaaslike brandweer geskenk vir aanwending wanneer hulle in die aand na ongelukstonele uitgeroep word.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is), skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongehou.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die tak se moniteringskameras herstel om te help met veiligheid in die dorp.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak en die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit het saamgewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring.

Upington

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het gereeld druk op die plaaslike munisipaliteit uitgeoefen rakende die rioolkwessie by die Kalahari-winkelsentrum.
  • Die tak het elke oggend saam met die padpatrollie van die Laerskool Oranje-Noord die hoofstraat vir skoliere en ouers beveilig.
  • Die tak het gehelp om ’n treinbrug skoon te maak nadat ’n vragmotor onder die brug probeer deurry het en die brug in die proses 30 ton sout in die duikweg van die vragmotor afgeruk het.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Williston

  • Die tak het deurlopend water, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kimberley

  • Die tak het weekliks gedeeltes van Kimberley skoongemaak. Die skoonmaakspan het vullis opgetel en dit met hul sleepwa na die vullisterrein weggery.

Delportshoop

  • Taklede het ’n watersloot skoon gesny en drie sleepwaens vol vullis opgetel en na die vullisterrein weggery.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het deurlopend saam met ander rolspelers gewerk om die dorp skoon en netjies te hou. Vullis is opgetel en na die vullisterrein weggery, terwyl bome wat paaie versper het ook opgesaag en weggery is.

Bo-Karoo

  • Die buurtwag se jeugvleuel het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Douglas

  • AfriForum het in Oktober sowel ’n tak as ’n buurtwag op Douglas gestig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

OOS-KAAP

Elliot 

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Taklede het ’n straatligprojek afgeskop waar hulle in samewerking met die Sakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit straatligte se gloeilampe vervang wat nie meer werk nie. 
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Cradock 

  • Die tak se noodwatertenks is deur gemeenskapslede benut tydens wateronderbrekings op die dorp. 

Gamtoosvallei 

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 

Jeffreysbaai 

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die buurtwag het begin met die finale fase van sy kameraprojek en sien daarna uit om die projek af te handel. 
  • Die tak het Jeffreysbaai se verwelkomingsbord netjies oorgeverf en skoongemaak as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek. 
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 

Oos-Londen 

  • Die tak het die openbare verhoor oor die voorgestelde nasionale gesondheidsversekering (NGV) bygewoon en dit teengestaan. 

Port Elizabeth 

  • Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien in tye wat woonbuurte in dié stad se krane droog was. 
  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.  
  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n selfoon aan die Kabegapark-polisiestasie geskenk.  
  • Walker Drive-buurtwaglede het die SAPD ondersteun tydens ’n gewapende poging om ’n voertuig te kaap.  
  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 
  • Walker Drive-buurtwaglede het hul hommeltuig aangewend om sekuriteitsmaatskappye te help om twee verdagtes vas te trek. 
  • Die tak het in samewerking met die Nelson Mandelabaai-metro vyf bome by ’n park in die Sherwood-area geplant. 

Uitenhage 

  • Die Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die Winterberg-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 
  • Taklede het as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek saam met die gemeenskap en ander organisasies ’n skoonmaakprojek in Uitenhage aangepak. Hulle het rondom die Uitenhage-markplein en die Anglo-Boereoorlog-monument skoongemaak en ’n muur geverf. 

WES-KAAP

Cederberg 

  • Die tak het as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek in samewerking met die tuinbouvereniging vier bome in Die Tuin geplant om Clanwilliam te verfraai.  

Durbanville 

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem en veral op die sentrale sakekern gefokus; verskerpte optredes is ook saam met die SAPD gehou. 
  • Buurtwaglede het opruimingswerk gedoen nadat MES, Stad Kaapstad se wetstoepassingsowerhede en maatskaplike werkers onwettige besetters verskuif het.
  • Die buurtwag, wat slegs ’n paar maande oud is, gaan van krag tot krag. Die buurtwag bestaan tans uit ongeveer 80 aktiewe patrolleerders wat in Oktober 28 patrollies uitgevoer het en ’n totaal van 197 manure op patrollies spandeer het. Tydens hierdie patrollies is vele arrestasies in samewerking met die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye uitgevoer. 
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en 20 waterbessiebome by die Hoërskool Durbanville geplant. 

Kaapstad-Noord 

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hulle onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Bellville-buurtwag het ondersteuning gebied met talle inhegtenisnames wat ná inbrake plaasgevind het.
  • Die Philippi-plaaswag het die verkeersafdeling ondersteun tydens ’n padblokkade. 
  • Die Bellville-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Tydens hierdie patrollie is groot suksesse behaal. Die SAPD en ander entiteite is ook betrek en meer as 100 patrolleerders het die paaie te voet en per voertuig gepatrolleer om die gemeenskap meer weerbaar te maak. 
  • Die Bellville-buurtwag is die naweek ná die nasionale massapatrollie deur die SAPD versoek om weer ’n opvolgoperasie te hou. Tydens dié operasie is beslag gelê op dwelms en is bykans R30 000 se verkeersboetes uitgereik. 
  • Die tak het weer ’n inisiatief van stapel gestuur wat selfverdedigingklasse vir vroue behels. Die doel daarmee is om vroue op te lei om hulleself teen misdadigers te verdedig. 

Kraaifontein 

  • Die tak het twee parke skoongemaak en die gras daarvan gesny; dit vorm deel van ’n deurlopende skoonmaakprojek. 
  • Taklede is besig met ’n projek waartydens hulle die dorp se ingange en parke opgradeer; dit vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-projek. 

Malmesbury 

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Taklede het deelgeneem aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek. Hulle het bome geplant by die Swartland Plaaslike Munisipaliteit se kantore, by die begraafplaas, asook by die kerk en monumente. 
  • Die tak het ’n AfriForum-buurtwag op die dorp gestig. Dié buurtwag is reeds goed aan die gang en het al verskeie suksesse behaal. Buurtwaglede het die SAPD tydens ’n optog in die dorp ondersteun, asook ná ’n diefstal op ’n plaas toe die misdadigers te voet gevlug het. Die buurtwag het die tak se hommeltuig hiervoor ingespan. 

WES-KAAP

Cederberg 

  • Die tak het as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek in samewerking met die tuinbouvereniging vier bome in Die Tuin geplant om Clanwilliam te verfraai.  

Durbanville 

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem en veral op die sentrale sakekern gefokus; verskerpte optredes is ook saam met die SAPD gehou. 
  • Buurtwaglede het opruimingswerk gedoen nadat MES, Stad Kaapstad se wetstoepassingsowerhede en maatskaplike werkers onwettige besetters verskuif het.
  • Die buurtwag, wat slegs ’n paar maande oud is, gaan van krag tot krag. Die buurtwag bestaan tans uit ongeveer 80 aktiewe patrolleerders wat in Oktober 28 patrollies uitgevoer het en ’n totaal van 197 manure op patrollies spandeer het. Tydens hierdie patrollies is vele arrestasies in samewerking met die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye uitgevoer. 
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en 20 waterbessiebome by die Hoërskool Durbanville geplant. 

Kaapstad-Noord 

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hulle onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Bellville-buurtwag het ondersteuning gebied met talle inhegtenisnames wat ná inbrake plaasgevind het.
  • Die Philippi-plaaswag het die verkeersafdeling ondersteun tydens ’n padblokkade. 
  • Die Bellville-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Tydens hierdie patrollie is groot suksesse behaal. Die SAPD en ander entiteite is ook betrek en meer as 100 patrolleerders het die paaie te voet en per voertuig gepatrolleer om die gemeenskap meer weerbaar te maak. 
  • Die Bellville-buurtwag is die naweek ná die nasionale massapatrollie deur die SAPD versoek om weer ’n opvolgoperasie te hou. Tydens dié operasie is beslag gelê op dwelms en is bykans R30 000 se verkeersboetes uitgereik. 
  • Die tak het weer ’n inisiatief van stapel gestuur wat selfverdedigingklasse vir vroue behels. Die doel daarmee is om vroue op te lei om hulleself teen misdadigers te verdedig. 

Kraaifontein 

  • Die tak het twee parke skoongemaak en die gras daarvan gesny; dit vorm deel van ’n deurlopende skoonmaakprojek. 
  • Taklede is besig met ’n projek waartydens hulle die dorp se ingange en parke opgradeer; dit vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-projek. 

Malmesbury 

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Taklede het deelgeneem aan AfriForum se nasionale boomplantmaandprojek. Hulle het bome geplant by die Swartland Plaaslike Munisipaliteit se kantore, by die begraafplaas, asook by die kerk en monumente. 
  • Die tak het ’n AfriForum-buurtwag op die dorp gestig. Dié buurtwag is reeds goed aan die gang en het al verskeie suksesse behaal. Buurtwaglede het die SAPD tydens ’n optog in die dorp ondersteun, asook ná ’n diefstal op ’n plaas toe die misdadigers te voet gevlug het. Die buurtwag het die tak se hommeltuig hiervoor ingespan. 

Matzikama 

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak het bome geplant by verskeie skole in die Matzikama-streek. 
  • Die onderskeie buurt- en plaaswagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 
  • Taklede het AfriForum by die Madeliefie Makietiefees, waar AfriForum ook as ’n borg opgetree het, verteenwoordig. 
  • Die tak was betrokke by ’n projek waar hulle ’n fondsinsameling ten bate van ’n skool vir gestremdes – wat finansieel swaar trek – ondersteun het. 

Weskus 

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook observasieposte opgerig het. 
  • Die Hopefield-plaaswag en Langebaan-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 
  • Die tak het aan ’n strandopruimingsaksie deelgeneem waartydens hulle vullis van die strand opgetel en verwyder het.

De Doorns 

  • Die tak het aan ’n skoonmaakprojek genaamd Trots De Doorns deelgeneem wat deur verskeie rolspelers ondersteun is. Dit vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-projek en die tak beplan om dit ’n deurlopende projek te maak.  
  • Die buurtwag is gereeld deur die SAPD versoek om ondersteuning te bied deur hul hommeltuig tydens verskeie operasies in te span. Charl de Goede (voorsitter, buurtwagleier en hommeltuigvlieënier) is vier keer opgeroep vir hulp. 
  • Buurtwaglede het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 
  • Die tak het ’n uitstekende kommunikasienetwerk in die gemeenskap tussen die tak, die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye tot stand gebring. 

Helderbergkom 

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, nooddienste, verskeie sekuriteitsmaatskappye, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en ander veiligheidsinstansies uitgevoer. 
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 

Overstrand 

  • Die tak het as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek 30 bome by die Laerskool Kleinmond geplant. Dít is gedoen in samewerking met Kleinmond Tuindienste, Themba Trees en Lourens Theron.  
  • Die AfriForum-buurtwagte in die Overstrand-area het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 
  • Die Alfa-buurtwag het op ’n huisbraak gereageer en ’n verdagte in samewerking met die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye in hegtenis geneem.
  • Die Bravo-buurtwag in Fisherhaven het hand bygesit tydens ’n skoonmaakaksie in ’n welbekende area waar hawelose mense slaap en verskeie misdade pleeg. 
  • Die Alfa-buurtwag het gereageer op klagtes van diefstal en die verdagte is binne minute vasgetrek met van die gesteelde items in sy besit. 
  • Die Alfa- en Bravo-buurtwag het wetstoepassingsowerhede met drie inhegtenisnames ondersteun op sowel die grond as in die lug met hul hommeltuig. 

Paarl 

  • Die Paarl-Noord-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 
  • Die buurtwag het sy lede met die nodige glimbaadjies en ander veiligheidstoerusting toegerus om doeltreffend te kan patrolleer. 
  • Die tak kommunikeer gereeld met die munisipale bestuurder om verhoudinge te bou en samewerking te bevorder tussen die reeds bestaande buurtwagte en AfriForum se Paarl-Noord-buurtwag. 

Stellenbosch 

  • Die buurtwag het lugsteun aan die SAPD in die Banhoek- en Simondium-area verleen waar ’n operasie in samewerking met wetstoepassingsowerhede, binnelandse sake en die Wes-Kaapse drankowerheid gehou is. Dié operasie het tot vyf inhegtenisnames gelei.
  • Die tak het aan AfriForum-traumaeenheid se Hardloop vir Hoop-wedloop te Vredenheim, Stellenbosch deelgeneem.
  • Die tak het ’n Paia-aansoek by die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit ingedien nadat die munisipaliteit geweier het om sekere inligting aan AfriForum te stuur. 

Strand 

  • Die Strand Patrol-buurtwag het tien arrestasies uitgevoer. 
  • Strand Patrol-buurtwaglede het ’n beplande rooftog gefnuik deur die verdagtes vroegtydig aan te keer. 
  • Die Strand Patrol-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, nooddienste, verskeie sekuriteitsmaatskappye, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en ander veiligheidsinstansies uitgevoer. 
  • Strand Patrol-buurtwaglede het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 

Worcester 

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, nooddienste, verskeie sekuriteitsmaatskappye, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en ander veiligheidsinstansies uitgevoer. 
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 

George 

  • Die Geelhoutboom- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.   
  • Die tak se jeugvleuel het ’n sosiale aksie gehou. 
  • Die tak se jeugvleuel het in samewerking met Akademia geskenkpakkies aan matriekleerders uitgedeel. 
  • Die Geelhoutboom- en Herold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.  

Hessekwa 

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 

Kannaland 

  • Die tak se jeugvleuel het ’n uiters suksesvolle sokkie gehou. 
  • Die Kannaland-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 

Mosselbaai 

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.  
  • Die Herbertsdale-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak- en Mid-Brak-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 

Oudtshoorn 

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak het ses verskillende aksies binne een naweek voltooi as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek. 
  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 

Swellendam 

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die buurtwag het ’n Swellendam Staatmaker-toekenning van die Swellendam Sakekamer ontvang. 
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Soortgelyke plasings