|

AfriForum se Delmas Valke-buurtwag lei nuwe protospanlede op

AfriForum se gespesialiseerde reaksie-eenhede – oftewel protospanne – ondergaan gespesialiseerde opleiding wat vir hulle ’n voorsprong gee in terme van gemeenskapsveiligheid. Die Delmas Valke-buurtwag het drie van hulle lede in Maart gestuur om hierdie opleiding te doen.

Die opleiding het teoretiese en praktiese komponente wat daarop gemik is om lede se kennis te verfyn van onder meer kontakgevegkuns, bloedingbeheer, die beveiliging van tonele, die opstel van padblokkades en taktiese vuurwapenhantering.

Benewens protospanopleiding, bied AfriForum op ’n weeklikse basis ook basiese buurtwagopleiding aanlyn aan. Hierdie opleiding dek aspekte soos misdaadtoneelhantering, inligtingsinsameling, regsaspekte en huis-en-haard-beskerming. Meer as 7 000 vrywilligers het hierdie opleiding die afgelope twee jaar suksesvol voltooi.

“Met goeie opleiding kan ons lede die gemeenskap net beter dien en ons beoog om nog lede deur die kursus te sit in die toekoms,” sê Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak.

Raak vandag nog by jou naaste tak betrokke by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings