|

AfriForum se Delmas Valke-buurtwag skrik nie vir misdaad

AfriForum se Delmas Valke-buurtwag spog met drie nuwe koeëlvastebaadjies om misdaad die hoof te bied.

Hierdie toerusting is op 29 April aangekoop vir lede wat die gevorderde protospan opleiding voltooi het. Die lede word op ’n daaglikse basis aan verskeie hoë prioriteitsmisdade blootgestel. Net in April is daar twee diesel tenkwaens, ’n Isuzu Trocken en ’n Toyota Prado teruggevind – al dié voertuie was gekaap. Die lede het ook vyf arrestasies uitgevoer wat met diefstalsake verband hou.

“Ons dorp se veiligheid is baie belangrik, daarom het ons die lede vir opleiding gestuur en ons gaan binnekort nog lede stuur. Met die opleiding en die regte toerusting kan ons die gemeenskap nog meer beskerm,” sê Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak.

Inwoners word versoek om AfriForum in die Delmas-omgewing te ondersteun: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings