|

AfriForum blus brand in Chrissiesmeer

AfriForum se Chrissiemeer-buurtwag het op 7 Julie ’n wegholbrand in die dorp geblus.

Die brand het op die hoek van Campbell- en Meyerstraat ontstaan en is vermoedelik weens ’n foutiewe stroombreker veroorsaak. Buurtwaglede het gesien hoe vonke van die paal afskiet tot op die grond en die gras gevolglik vlamvat. Die brand het vinnig deur drie leë erwe versprei en buurtwaglede moes spoedig reageer om die brand in bedwang te bring.

Lede van die Chrissiesmeer-buurtwag het vinnig met hul mobiele brandbestrydingseenheid gereageer en kon die brand onder beheer bring.

“Ons is hier vir die gemeenskap en sal sover moontlik help waar ons kan. As gevolg van insidente soos hierdie het ons reeds vroeër vanjaar in heelwat areas gras in die dorp gesny om die risiko van veldbrande te verlaag. Die Msukaligwa-munisipaliteit laat die mense in die steek om dié taak te verrig maar ons sal aanhou baklei dat hulle hul pligte nakom,” sê Millicent van den Heever, leier van AfriForum se Chrissiesmeer-buurtwag.

Inwoners word versoek om AfriForum in die Chrissiesmeer omgewing te ondersteun: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings