|

Noord van die berg-buurtspan sit volhoubare aksies voort in Junie

AfriForum se Noord van die berg-buurtspan het 1 345 swartsakke vol vullis opgetel, 46 vragte rommel weg gery, 6.9 ha gras gesny en 745km afgestaan om al hierdie aksies te voltooi tydens Junie. Dít vorm deel van die buurtspan se maandelikse volhoubare aksies.

Die tak het hierdie aksies onder meer in die Suurklapperparkie, Bokserparkie en in Bokmakieriestraat aangepak.

Dit is nie al nie. Dié buurtspan het ook 4 ton teer gebruik om twee reuseslaggate te vul – een in Britsweg en een op die hoek van Punctata- en Wouterstraat. Die span het ook die Tshwane-brandweerdiens gehelp om n brand in Daan de Wet-rylaan te blus.

“AfriForum sal aanhou om ons gemeenskappe by te staan en om hoop in gemeenskappe te skep deur projekte aan te pak wat ’n daadwerklike verskil in die area maak. Baie dankie aan die City of Tshwane se spanne in die noorde wat ook wonderlik saamwerk met ons span,”  sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Noord.

Raak vandag nog by AfriForum se Noord van die berg-tak betrokke by www.wordlid.co.za

Soortgelyke plasings