|

AfriForum-takke landwyd eis dat munisipaliteite aan hofbevel voldoen en regte elektrisiteitstariewe instel

AfriForum-takke landwyd het aan hul betrokke munisipaliteite geskrewe aanmanings gestuur om gehoor te gee aan die onlangse hofbevel wat elektrisiteitstariefverhogings as onwettig verklaar indien munisipaliteite nie die nodige kostestudies ingedien het nie. Die organisasie versoek dat die munisipaliteit hierdie bevel onmiddellik nakom.

Volgens die organisasie is dit onaanvaarbaar dat munisipaliteite die hofbevel minag en AfriForum het ’n duidelike aksieplan geëis oor hoe die munisipaliteite van plan is om terug te keer na verlede jaar se tariewe, in ooreenstemming met die uitspraak. Die brief doen spesifiek ’n beroep op die munisipaliteite om te verduidelik hoe hulle van plan is om aan die bevel te voldoen en hoe lank dit gaan neem.

AfriForum moedig alle verbruikers aan om ’n dispuut te verklaar teen hul rekeninge ingevolge artikel 102 van die Munisipale Stelselwet, weens die onwettige tariefverhogings.

Noordstreek

Mpumalanga

Mkhondo Plaaslike Munisipaliteit

Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit

Lekwa Plaaslike Munisipaliteit

Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit

Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit

Noordwes

Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit

Vrystaat

Nala Plaaslike Munisipaliteit

Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit

Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit

Soortgelyke plasings