Uitspraak voorbehou in “Kill the Boer”-saak

Die slotbetoë in AfriForum se siviele saak teen die Economic Freedom Fighters (EFF) en sy leierskap vir die sing van die “Kill the boer”-lied by verskeie geleenthede is vandag in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg gelewer. Uitspraak is voorbehou in hierdie saak.

AfriForum het dié klag in Oktober 2020 aanhangig gemaak nadat EFF ondersteuners “Kill the Boer, Kill the Farmer” buite die landdroshof in Senekal gesing het waar beskuldigdes vir die gruwel moord op die plaasbestuurder Brendin Horner verhoor is.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê dat sukses in hierdie saak van kardinale belang is sodat ‘n boodskap gestuur word dat  die aanmoediging van die gruwelike moord van ‘n groep gebaseer op hul identiteit onaanvaarbaar is en nie geduld gaan word nie.

“AfriForum is ’n voorstander van die reg tot vryheid van spraak, maar daadwerklike gevalle van haatspraak moet beveg word. Hierdie saak gaan oor ’n duidelike geval van haatspraak, aangesien die sing van “Kill the Boer” ’n groep op grond van identiteit teiken en duidelik geweld teen hierdie groep aangehits,” sluit Roets af.

Soortgelyke plasings