|

Vanderbijlpark-tak beveilig minisubstasie

AfriForum se Vanderbijlpark-tak het op 4 September ’n minisubstasie op die hoek van Da Vinci- en Moerdykstraat beveilig. Die transformator was te groot om in die oorspronklike kas te pas, waarna die Emfuleni-munisipaliteit dit bo-op dié kas geïnstalleer het. Dit is net so oop en bloot gelos wat ’n gevaar vir die gemeenskap inhou.

Die tak het besluit om hierdie transformator toe te maak en te beveilig sodat kinders nie hulself kan beseer, of iemand maklik daaraan kan peuter nie. Die transformator is met sowat 1,8 meter Clear View-heining omhein.

“Dit is skrikwekkend dat die Emfuleni-munisipaliteit nie aan die gemeenskap se veiligheid dink nie en die transformator net so oop los. Met misdaad wat orals kop uitsteek was dit slegs ’n kwessie van tyd voordat die transformator gevandaliseer is,” sê Stephanus (Butch) Blignault, distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Mense wat by hierdie tak wil aansluit, kan ’n e-pos aan vanderbijlpark@afriforumtak.co.za stuur.

Soortgelyke plasings