AfriForum-aansoek slaag; dringende bevel bekom


AfriForum het vandag ’n dringende aansoek in die Noord-Gautengse hoë hof bekom wat die SAPD verplig om die balju by te staan om teen onwettige plakkers op ’n boer se grond net buite Pretoria op te tree.

“AfriForum ondersteun die boer, dr. Motodi Maserumule, nadat die grond sedert Maandag deur betreders beset en verkoop word. Hy het met AfriForum se hulp ’n betredingsaak by die polisie aanhangig gemaak nadat die Soshanguve-polisiestasie oorspronklik geweier het om die saak te ondersoek. Die polisie het tot dusver geskitter in hul afwesigheid om Maserumule se eiendomsreg te beskerm,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron verduidelik verder dat grondeienaars betredingsake onmiddellik by die polisie moet open indien hulle eiendom beset word. Hy sê dat dit ’n mite is dat grondeienaars eers die hof moet nader.

“Die polisie moet teen betreders optree. Die Soshanguve-polisie se swak optrede die afgelope week kan net gestop word as gemeenskappe weet wat hul regte is. AfriForum kan hiermee help,” sluit Cameron af.

 

Soortgelyke plasings