|

AFRIFORUM-BUURTWAG HELP OM GESTEELDE SLEEPWAENTJIE TERUG TE VIND

AfriForum se Alfa-buurtwag, wat deel vorm van die organisasie se Overstrand-tak, het op 26 Mei 2021 die plaaslike polisie gehelp om ’n gesteelde sleepwaentjie terug te vind.

Een van AfriForum se Alfa-buurtwaglede was besig om te patrolleer in die Onrus- en Vermont-gebied toe hy op die radionetwerk gehoor het van ’n verdagte persoon wat oor ’n muur in Kerkstraat gespring het. Nog buurtwaglede se hulp is onmiddellik ingeroep. Op die hoek van Canterbury- en Rochesterstraat is ’n grys Volkswagen Polo gewaar met ’n wit sleepwaentjie. Ná ’n vinnige jaagtog deur Zwehile het die verdagtes hul ontglip, maar die gesteelde sleepwaentjie is teruggevind en aan die regmatige eienaar terugbesorg.

“’n Opregte woord van dank aan almal wat ’n rol gespeel het om die waentjie terug te vind. AfriForum se Alfa-buurtwag sal aanhou om met ander organisasies saam te werk en hulp te verleen waar nodig ” sê Lourens Theron, leier van AfriForum se Alfa-buurtwag.

Om by een van AfriForum se veiligheidstrukture betrokke te raak SMS “Veilig” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings