|

Swellendam-tak kies nuwe bestuur

AfriForum se tak in Swellendam het op 5 Junie ’n takvergadering gehou om ’n nuwe bestuur te verkies.

Die nuwe bestuurslede is: Wally Walters (voorsitter), JJ Heath (ondervoorsitter), Henk Badenhorst (tesourier), Estelle Walters (sekretaris), Hans Theron (gemeenskapsveiligheid), André Kruger (plaaslikeregeringsake), Jill Reynecke (omgewingsake), Danny du Toit (jeug), Elna Theunissen (bemarking en werwing).

“Ons bedank die nuwe bestuur vir hulle bereidwilligheid om op die manier die Swellendam-tak te dien. Die nuwe bestuur sien uit om saam met die gemeenskap te werk om volhoubare selfdoenprojekte van stapel te stuur. Baie sterkte aan elkeen van julle ons weet julle gaan dié tak na nuwe hoogtes neem. Ons vra ook dat die gemeenskap hulle sal ondersteun en aan die projekte sal deelneem,” sê David Olivier, veiligheidspesialis vir die Suidstreek.

Soortgelyke plasings