|

AfriForum-buurtwag help vure buite Standerton blus

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 7 Julie gehelp om ’n groot veldbrand buite die dorp in bedwang te bring.

Die brand het by die Standerton-vullisterrein begin en het vinnig met winde tussen vyftig en sestig kilometer per uur versprei. Die buurtwag het met twee spanne gehelp om vure te blus en ook om vee te skuif wat in die brand se pad was.

“Hierdie is net nog ’n manier waarop ons die gemeenskap help. Vure veroorsaak enorme skade vir boere en ons is dankbaar dat ons kon hand bysit om die brande in bedwang te bring,” sê Shandrè van den Heever, leier van AfriForum se Standerton-buurtwag.

Verder het die buurtwag op 5 Julie in samewerking met die Departement van Binnelandse Sake en die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit aan ’n operasie deelgeneem waartydens verskeie ondernemings besoek is. Tydens hierdie operasie is inspeksie van die winkelvoorraad gedoen om te verseker dat dit nog nie verval het nie. Daar is ook sewe onwettige immigrante gearresteer.

Inwoners word versoek om AfriForum in Standerton te ondersteun: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings