|

AfriForum se Belfast-tak hou dorp skoon

Die AfriForum-tak in Belfast het begin met ’n volhoubare skoonmaakprojek in dié dorp. Hierdie projek behels onder meer dat drie skoonmakers, wat deur die tak gekontrakteer is, twee maal per week die rommel in die dorp opruim en die AfriForum asdromme diens.

“Ná twee weke kan mens al die verskil in die dorp sien. Hierdie projek maak Belfast ’n skoner dorp vir almal,” sê David Spohr, AfriForum se takvoorsitter in Belfast.

Hoewel AfriForum reeds op verskeie punte in die dorp asdromme opgerig het, is dit steeds te min en mense wat wil help met dié projek kan David Spohr skakel by 082 495 3040 om betrokke te raak.

Sluit vandag aan by AfriForum, SMS jou naam na 45340(R1)

Soortgelyke plasings