AfriForum-buurtwag in Potchefstroom hou massapatrollie


AfriForum se Potchefstroom-buurtwag het op 2 Desember 2017 ’n massapatrollie in dié dorp en op omliggende plase uitgevoer. Altesaam 256 mense het in 119 voertuie 5 382 km in 662 manure afgelê.
Die burgerregte-organisasie het die patrollie van stapel gestuur om plaaslike buurtwagte meer paraat te maak, asook om sigbaarheid in dié gebiede te verhoog. Die volgende organisasies het saam met AfriForum se Potchefstroom-buurtwag aan die massapatrollie deelgeneem: Potchefstroom-Oos-veiligheidsinstansie, Miederpark-gemeenskapspolisiëringsforum, Potchefstroom se landelike veiligheidsinstansie, Mooibank-patrolliegroep, Mooirivier Beskerming, CB Security, Electro Security en ER24.

“Die patrolleerders het by die Pick n Pay in Vanderhoffpark bymekaargekom en Mooirivier Beskerming se beheerkamer is tydens die patrollie gebruik. AfriForum is dankbaar vir elkeen wat hul tyd opgeoffer het om ’n verskil te maak in die gebied se veiligheid,” sê Jan de la Hunt, voorsitter van AfriForum se Potchefstroom-buurtwag.

Raak by ’n AfriForum-buurtwag betrokke en help om jou omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings