|

Jeffreysbaai-tak hou jaarvergadering en reorganiseer

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 17 Mei in Jeffreysbaai hul algemene jaarvergadering gehou en hul takbestuur gereorganiseer.

Die nuwe takbestuur bestaan uit Fred Vermaak (voorsitter), Tertius Lombaard (ondervoorsitter), Brits van den Berg (sekretaris), Paul Eloff (tesourier), Hayden Bailey (veiligheid), David du Raan (omgewingsake), Tarryn Singleton (jeug), Christie de Klerk (plaaslikeregeringsake) en Chris Lategan (bemarking en werwing).

Tydens die vergadering het die afgetrede genl.maj. Roland de Vries die nuwe bestuur meer vertel oor gemeenskapsveiligheid en die impak wat misdaad in die gebied het.

Daarna het David Olivier, AfriForum se distrikskoördineerder in die Oos-Kaap, die organisasie se model voorgehou. Hy het ook uitgebrei oor AfriForum se veiligheidsplan en -strukture, asook voordele daaraan verbonde om hierdie twee aspekte in plek te hê. Dit sluit geakkrediteerde opleiding, toerusting, ’n nasionale netwerk en waardevolle ervaring in.

Die bestuur is baie trots om deel van AfriForum te wees en is gereed om hul take aan te pak.

“Ons sien uit daarna om talle selfdoen-projekte van stapel te stuur en om sodoende die gemeenskap te dien sowel as om hulle meer weerbaar te maak. Veiligheid begin by onsself en as ons hande vat is die gemeenskap veilig,” sê Fred Vermaak, voorsitter van die Jeffreysbaai-tak.

Om betrokke te raak by AfriForum se Jeffreysbaai-tak SMS “Jeffreysbaai” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings