|

AfriForum-buurtwag se kameraprojek help om verdagtes aan te keer

Die AfriForum-buurtwag in Benoni se SNIPR-kameramoniteringsprojek het op 13 Julie 2020 gehelp dat PHP Security en die SAPD drie verdagtes in hegtenis kon neem wat vir verskeie diefstalsake gesoek is. Die SNIPR-kameras het ’n verdagte voertuig danksy dié voertuig se registrasienommer geïdentifiseer, waarna die veiligheidsrolspelers in kennis gestel is.

Archie Mouyis, voorsitter van AfriForum se Benoni-tak, wil graag AfriForum se Benoni-buurtwag, PHP Security en die SAPD bedank vir hul vinnige optrede en bereidwilligheid om misdaad in Benoni te bekamp. Dié inhegtenisnemings is drie van vele ander wat die Benoni-buurtwag se SNIPR-kameramoniteringsprojek al opgelewer het.

“Misdaad is besig om toe te neem weens die groeiende werkloosheid wat die land tans in die gesig staar. Dit is belangrik dat ons as gemeenskap betrokke raak om inwoners se veiligheid te verseker,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings