|

Rustenburg-tak benadruk belangrikheid van skoon begraafplase en oop veld

AfriForum se Rustenburg-tak het gedurende Julie ’n uitgebreide skoonmaakprojek aangepak. Die tak het op die ou begraafplaas in Kockstraat en die oop veld by Bobbies Rugbyklub gefokus. Die digte lantanas in die begraafplaas is gesnoei en drie 6 m3-stortbakke is met lantanatakke gevul. ‘n Vierde stortbak is gevul met rommel en tuinvullis wat op die oop veld opgetel is.

Dié ou begraafplaas is ’n historiese en betekenisvolle plek vir ons gemeenskap, daarom het die Rustenburg-tak besluit om dit skoon te maak. Dié skoonmaakaksie is ’n bewys van die tak se toewyding daaraan om hul erfenis en omgewing te beskerm en te bewaar.

“AfriForum se Rustenburg-tak bedank graag vir Crazy Skips vir die stortbakke wat hulle beskikbaar gestel het. Begraafplase is nie net ’n plek vol herinneringe nie en parke is nie net vir ontspanning nie; dit is ook ’n weerspieëling van ons gemeenskap se waardes,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.

AfriForum se Rustenburg-tak moedig die gemeenskap aan om by dié tak betrokke te raak. Kontak Dawie Conradie by 082 930 9905.

Soortgelyke plasings