AfriForum-buurtwagte in Gauteng neem aan nasionale patrollie deel


Die AfriForum-buurtwagte in Vanderbijlpark, Kempton Park en Alberton het die afgelope naweek aan dié burgerregte-organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem. Die patrollie is suksesvol deur nagenoeg 155 buurtwaglede, asook lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uitgevoer.
Die massapatrollie was op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van die onderskeie veiligheidstrukture gemik. Die patrolleerders het die onderskeie dorpe tussen Vrydagaand om 19:00 en Saterdagoggend om 4:00 in skofte gepatrolleer waartydens altesaam 4 944 km afgelê is. Geen ernstige voorvalle van misdaad is aangemeld nie.

“Dit is reeds duidelik dat samewerking met die SAPD en ander betrokke partye vrugte afwerp. Proaktiewe optrede en die betrokkenheid van die gemeenskap het vir ’n suksesvolle patrollie gesorg,” sê Marie Naude, AfriForum se assistentkoördineerder vir Gauteng-Suid.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings