AfriForum-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel


Verskeie lede van AfriForum se Delmas-, Eloff- en Argent-buurtwag het op 8 en 9 Maart 2019 aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Die doel van hierdie patrollies is hoofsaaklik om sigbare polisiëring in die gebiede in en om Delmas te verskerp.

AfriForum se Delmas-tak het glim- en koeëlvaste baadjies en ander veiligheidstoerusting aan lede van die onderskeie buurtwagte verskaf. Tydens hierdie patrollies kry lede blootstelling oor hoe patrollies werk en word kommunikasie tussen rolspelers ook getoets.

“Suksesvolle misdaadbekamping maak staat op mense wat saamstaan en saamwerk”, sê Carel Botha, voorsitter van AfriForum se Delmas-tak. “Massapatrollies is ’n ideale platform vir buurtwaglede om as ’n span ’n verskil in hul dorp te maak.”

Kontak Carel Botha by 082 925 5849 of stuur ’n e-pos na amadwala@live.co.za om by AfriForum se Delmas-tak of -buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings