AfriForum se Alfa-buurtwag en SAPD maak 23 arrestasies in Januarie


AfriForum se Alfa-buurtwag in die Overstrand het tydens Januariemaand 23 arrestasies uitgevoer in samewerking met die Hermanus SAPD. Die beweerde oortredings sluit diefstal, inbraak, onwettige immigrasie, asook die onwettige besit van dwelms en moontlike dwelmhandel in. Een van die verdagtes het reeds 29 sake teen hom wat tans hangend is, wat onder meer diefstal insluit.

“Lede van die Alfa-buurtwag doen ongelooflike werk en is altyd beskikbaar om te help. Hul bereidwilligheid om met die SAPD saam te span maak ons gebied ’n veiliger plek vir al die inwoners,” sê Lourens Theron, voorsitter van die Alfa-buurtwag.
“Dit is verblydend om te sien dat die gemeenskap bereid is om in gebiede waar misdaad ’n probleem is betrokke te raak en verantwoordelikheid vir hul gebied se veiligheid te aanvaar,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se hoof vir gemeenskapsveiligheid vir die suidstreek.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Veilig” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings