|

AfriForum by VN se Forum oor Minderheidskwessies: Plaas kollig op SA-regering se rassediskriminasie en “Kill the Boer”-dreunsang

AfriForum het vandag, tydens ’n voorlegging by die sestiende sessie van die Verenigde Nasies (VN) se Forum oor Minderheidskwessies, die voortdurende voorvalle van diskriminasie en haatspraak teen minderhede in Suid-Afrika onder die aandag van die forum gebring. Dié kwessies sluit onder meer in: die dreunsang van die lied “Kill the Boer” deur hoëprofielpolitici; die Suid-Afrikaanse regering se beplande uitsluiting van wit boere van tariefvrye landbou-uitvoere na die Europese Unie (EU) en die Verenigde Koninkryk (VK) indien hulle nie aan sekere raskriteria voldoen nie; en die toepassing van ras as voorwaarde vir watergebruikslisensie-aansoeke.

Volgens Ernst van Zyl, AfriForum se hoof van Openbare Betrekkinge, is “hierdie forums waardevolle geleenthede om te skakel met ander organisasies wat minderheidsgroepe verteenwoordig, sowel as internasionale rolspelers wat simpatiek staan teenoor AfriForum se saak.”

Die bevindinge wat in AfriForum se voorlegging en verslae uitgelig word, het baie belangstelling onder die verteenwoordigers by die Minderheidsforum gelok, verduidelik Van Zyl.

AfriForum het ook vroeër vandeesweek ’n verslag aan die VN se Komitee vir die Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD) voorgelê. Die internasionale veldtog by die VN is nou afgehandel.

“Met nog ’n suksesvolle internasionale veldtog agter die rug, sal AfriForum nou sy primêre strategie voortsit om staatsbestande, gemeenskapsgebaseerde oplossings in Suid-Afrika verder te vestig en uit te brei,” sluit Van Zyl af.

  • Video van AfriForum se aanbieding kan hier afgelaai word.

Soortgelyke plasings