|

Lichtenburg-tak herstel 138 slaggate in dorp

Danksy die AfriForum-tak in Lichtenburg het hierdie dorp nog 138 slaggate minder. Dié tak het tussen 16 en 20 Oktober 10 ton teer en twee dromme Bitumen gebruik om hierdie slaggate by die Le Rouweg-kruising te herstel en te seël.

“Ons sal aanhou om slaggate te herstel in Lichtenburg. Die feit dat die munisipaliteit nie hulle kant bring om hulle plig na te kom nie, wys dat ons as inwoners self moet inspring en die werk doen sodat ons veilige paaie kan hê,” sê Pine Pienaar leier van die slaggatprojek in Lichtenburg.

“Die gevare wat slaggate vir mense se lewens inhou is skrikwekkend, dit is hoekom AfriForum se Lichtenburg-tak nie sal ophou om slaggate te vul nie. Vandat hierdie projek meer as twee jaar gelede posgevat het, het die AfriForum-tak hier ongelooflike ondersteuning van die gemeenskap gekry en dit wys dat hulle omgee oor hulle dorp en mede-gemeenskapslede,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Die tak bedank graag NWK vir die snymasjien en roller wat hulle weereens beskikbaar gestel het, asook die Lichtenburg Teerprojek wat die Bitumen geskenk het. 

“Ons nooi graag ondernemings en persone in die gemeenskap om deel te neem aan hierdie projek – hetsy deur teer te skenk of ’n ander donasie te maak – sodat ons nog ’n groter verskil kan maak,” voeg Viljoen by.

Besoek www.wordlid.co.za om by jou naaste AfriForum-tak aan te sluit. 

Soortgelyke plasings