|

Hoogland-buurtwagte hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwagte in die Hoogland-streek het op 8 Julie 2022 deelgeneem aan ’n nasionale patrollie in hul onderskeie gebiede om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, die nooddienste, verskeie sekuriteitsmaatskappye, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums en ander veiligheidsinstansies uitgevoer.

Die patrollie het omstreeks 20:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend geduur.

Die volgende dorpe/stede se AfriForum-buurtwagte het aan die nasionale patrollie deelgeneem: Bethlehem, Bultfontein, Winburg, Harrismith, Wesselsbron, Ventersburg, Odendaalsrus en die Welkom-distrik.

Altesaam 73 patrolleerders en 25 ander rolspelers het aan die patrollie deelgeneem en 1 491 km in 47 voertuie afgelê. Die buurtwagte het met verskeie voorvalle hulp verleen en sewe voorvalle is suksesvol hanteer.

“Sigbaarheid speel ’n deurslaggewende rol in misdaadbekamping en AfriForum se Hoogland-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereelde patrollies in samewerking met die SAPD en verskeie sekuriteitsdienste organiseer om misdaad hok te slaan. Ons nooi alle lede uit om deel te word van hierdie dinamiese spanne. Opleiding word voorsien om ons lede te bemagtig met die regte kennis en hulle word met die nodige toerusting toegerus,” sê Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-buurtwagte betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Buurtwag” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings