|

AfriForum en Evolve Life besoek Laerskool Helderkruin-leiers

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 11 Februarie in samewerking met Manie Botha van Evolve Life besoek afgelê by die Laerskool Helderkruin in Roodepoort om leierskapsontwikkeling aan te bied.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en hoop te skep in skole. Elke kind in ons land verdien dit om die nodige leiding te kry om hul leierseienskappe te ontwikkel – ons kinders is immers die leiers van môre,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Ons land se jongmense staar uitdagende tye in die gesig. Om die regte leierskapsgereedskap in ’n kind se leierskapsmondering in te bou is nie net ’n noodsaaklikheid nie, maar ook ’n diepe verantwoordelikeheid van elke instansie en organisasie wat met kinders werk. Die leierskapsontwikkelingwerkswinkel is deel van die slypproses om ons land se kosbare diamant-kinders se potensiaal te ontgin. Dankie, aan Laerskool Helderkruin en AfriForum wat toegewyd is om in ons jeug te belê en hulle op te bou,” sê Manie Botha, spreker en lewensafrigter van Evolve Life.

Stuur ’n e-pos na tania.scheepers@afriforum.co.za as jou kind se skool by AfriForum en Evolve Life se leierskapsontwikkeling betrokke wil raak.

Soortgelyke plasings