|

AfriForum en Solidariteit doen dit self

Personeel van beide AfriForum en Solidariteit het vandag aan verskeie selfdoen-aksies deelgeneem in die omgewing van dié instansies se hoofkantore in Pretoria.

Hierdie aksies het onder meer ingesluit die herstel van slaggate, die oorverf van verkeersirkels, spoedhobbels en lyne in die parkeerareas. Daar is ook ’n nabygeleë veld en sypaadjies skoongemaak.  

AfriForum-takke landswyd neem eienaarskap van hul gemeenskappe en die organisasie se duisende vrywilligers gebruik hul vrye tyd om strate en parke op te knap, buurtwagpatrollies te ry en veel meer. Daarom het AfriForum se personeel ook vandag skouer aan die wiel gesit om hul ondersteuning aan takke landswyd te toon.

Dié takke het sedert die begin van die jaar landswyd 582 skoonmaak-aksies aangepak waaronder 163 parke wat skoongemaak is, 578 slaggatprojekte is met ongeveer 250 ton teer suksesvol voltooi en 195 straatligprojekte is afgehandel.

“Dit is bevrydend om te weet dat ons nie uitgelewer is aan die verval wat deur die owerheid veroorsaak word nie, maar dat ons in staat is om met ’n ons sal self gesindheid self die gemeenskappe tot stand te bring waarin ons, ons kinders wil grootmaak. Hierdie aksie deur AfriForum en Solidariteit is juis ’n voorbeeld van wat ons self kan doen met ons eie hande, sonder om afhanklik te wees van die owerhede,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum

Ons sal self maar nie alleen nie.

Sluit aan by AfriForum by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings